DEUR ZAK EBERSOHN
My ma is ’n lewensredder. Sy is die een wat die kos maak, die wasgoed was én die skottelgoed was.
LEES OOK: ‘My ma het ’n superkrag,” sê 10-jarige
Laat ek vir julle vertel hoekom my ma die beste ma in die wêreld is – sy het vir my geboorte gegee. En sy het vir my die mooiste naam uitgedink.
Sy het my in hierdie wonderlike skool gesit. Sy koop vir my klere, sy pak vir my die lekkerste kos in vir skool en betaal vir ons om restaurant toe te gaan om uit te eet.
Sy’s ook die een wat vir my die beste boetie ooit in hierdie wêreld gebring het. Ek is baie dankbaar vir my ma.
- Zak Ebersohn is ’n graad 3-leerder by Laerskool Curro, Brackenfell.
Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.