Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

’n Mengsel van kritiek en komplimente

As die lewe (en moederskap) maar agtergrondmusiek gehad het ... Tog hou ons aan droom. Ons kom dit soms nie eens agter nie, want drome-wat-waar-word is dikwels vermom in alledaagsheid.

Francine Prins

My tuiskantoor ruik na nat vleis en droë koljander.

Dié twyfelagtige reuk is alles die gevolg van ’n jagekspedisie en nuuskierigheid. My man het hierdie winter ’n blouwildebees teruggebring uit die Kalahari. Twee boude, twee blaaie, baie vleis! En ’n kop met horings en grillerige stukke vel aan.

Skielik is ek die assistent wat help om plek in die vrieskas te maak, my neus optrek vir die stukke rou vleis en die bloederige vel in die garage.

LEES OOK: Hoe mis ek die tussen-in-plekke

Maar bo alles is ek die hulp wat biltong sny, en nie regtig ’n idee het wat ek doen nie. Ek help maar om biltong te hang op ons wasgoedrak, terwyl ons dink aan waar ons dit vir die volgende paar weke permanent gaan hang. Die blink idee spring soos ’n ribbok in my kop: Die enkelbed in ons tuiskantoor het ’n draadmat – perfek vir biltonghakies en ’n lap om goggas weg te hou!

En dis nou waar nuuskierigheid ons het. Die drang om self uit te vind hoe dinge gedoen word. Hoe presies ’n mens vliese en senings afsny vir biltongvleis, hoe koljander geskroei en die soutmengsel gemaak word. Hoe om planne te maak vir uitdroog, en uiteindelik die smaak van jou eie biltong.

Deur die hele proses van ontdekking was ek maar grootliks gefrustreerd. Biltong maak is morsig en harde werk. Dit ruik nie lekker nie. Maar daar was ook lekkerte. Om saam-saam in die kombuis te werk, om die vleis uiteindelik daar te sien hang – kompleet soos in ’n slaghuis!

LEES OOK: Hou die lewe liggies vas

Ek kon skel of ek kon dankie sê vir hierdie hele affêre. Die lewe is mos maar ’n mengsel van frustrasie en vreugde. Ons kan kies watter deel ons ons wil aantrek. Soos die lewe ook maar ’n mengsel is van lig en donker, goed en kwaad, kritiek en komplimente. In elke oomblik het ons die keuse: Koester ons daardie gevoelens wat dood bring, of gryp ons die emosies aan wat lewe gee?

Ek is nou klaar geskel. Al ruik my tuiskantoor soos nat vleis en droë koljander, sal ek eerder dankie sê vir vleis om te eet, vir nuwe ervarings en iemand wat my saamneem op ’n reis van ontdekking.

Francine Prins is redakteur van LiG se gedrukte tydskrif en sosiale media. Volg haar skryfwerk by #weeslig en #francineprins

Projek 108

Jy kan ons help nog meer Bybels versprei en die Evangelie verkondig

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir Jesus leer ken

Kinderpret-leesreeks Storietyd

Beleef ‘n pret, leersame en avontuurlike leesreis vir jong lesers

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF