Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Oë wat vonkel!

Hoe gebeur dit dat jy sterre in jou oë kry?

Is dit wanneer jou kleinkinders met uitgestrekte arms nou jou toe aangehardloop kom? Of as jou volwasse kinders saam met jou om die etenstafel sit?

Dalk is dit wanneer jou huweliksmaat jou met een vriendelike kyk in liefde toevou. Of wanneer jou baas goedkeurend oor jou werk praat.

 

Deesdae is daar sterre in die LiG-redaksie se oë wanneer ons die stapels en stapels in ons kantoor sien – 80 jaar se tydskrifte in bundels gebind. Dit is ’n hele argief wat ’n rykdom aan verhale, inligting en foto’s bevat.

Om deel te kan wees van Die Voorligter (wat die eerste keer in 1937 uitgegee is) wat later LiG geword het, laat ons oë blink. Ons mag dus ook deel wees van hierdie ryk geskiedenis, van hierdie publikasie wat al soveel mense se lewe aangeraak het.

Ek kry ook sterre in my oë wanneer ons redaksie om die beplanningstafel vergader. Wanneer ons koppe bymekaar sit om elke maand se LiG so inspirerend en verrykend moontlik te maak. Wanneer ons die kwessies aanroer waarmee ouers en gelowiges stoei, en waaroor ons self ook wonder.

Die sterre kom in my oë as ek sien hoe elke redaksielid en medewerker haar of sy bydrae maak. Hoe elkeen met oorgawe inspring om kwaliteitwerk te lewer.

Wanneer ek dan uiteindelik die laaste pak bladproewe in my hand hou, weet ek: Hierdie woorde en beelde gaan iewers vir iemand mooi of sinvol of selfs lewensveranderend wees. Dan vloei die glinstering in my oë oor na my hart en kom lê daar ’n groot dankbaarheid. Dat God jou werklikwaar ook mense, papier en prentjies gebruik om sy evangelie te verkondig!

 

Soms vra ek myself ook af: Watter dinge sal sterre in God se oë bring? Dikwels wonder ons mos of Hy nie eerder vir ons frons nie …

Dankie tog vir Jesus! Hy gee ons ’n beeld van sy Vader wat héél anders is as dié van ’n kwaai, veroordelende God – wat frons, wat telkens raas as ons nie in ons spoor trap nie.

Ons sien dit wanneer Jesus met die vrou praat wat op owerspel betrap is ­
(Joh 8:3-11); wanneer sy dissipels raas omdat Maria duur olie op Jesus se voete uitgiet, maar Hy die geskenk in liefde aanvaar (Joh 12:3); wanneer Hy vir Nikodemus sê: “God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word” (Joh 3:17).

Met elke woord en daad het Jesus die Vader se liefde aan mense gewys, én sy Goddelike vreugde wanneer ons iets van God se redding en genade snap.

 

Ek het begin om myself te dwing om ’n bietjie te talm. Om gereeld ’n rukkie stil te word sodat ek God se oë kan sien. Dan sien ek inderdaad die sterre in sy oë! Die vreugde-sterre, die liefde-sterre, die omgee-en-troos-sterre.

Ek sien hoe daardie sterre vonkel vir dié wat sy wil soek en daarvolgens probeer leef. Maar ook vir dié wat kies om die donkerte in te vaar.

En soms wonder ek: Sal my lewe nie glansryker wees as ek ophou soek na die frons op God se gesig nie? As ek eerder raaksien hoe Hy – die liefdevolle, barmhartige Een – ’n vonkel in sy oog het wanneer Hy na my kyk?

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF