“Die persoon wat by die hospitaal instap is nie dieselfde persoon wat daar uitstap nie.”
Elizna Vrey (36) praat uit ondervinding. Haar dogtertjie is op 2-jarige ouderdom met Akute miëloïede leukemie (AML) by die Life Bay View-hospitaal in Mosselbaai gediagnoseer.
Sy vertel van hul “kankermarathon sonder omdraaikans” nadat hulle uitgevind het van Bea se bloedkanker. Die chemobehandeling was nie voldoende nie en toe moes klein Bea boonop ’n beenmurgoorplanting kry. Maar, vertel Elizna, drie geliefdes se dood het haar hierop voorberei. “En Jesus dra my tree vir tree.”
Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.