Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Ons padkaart, en ons Navigator

Simone Gauche foto1: God se genade is groot

DEUR SIMONE GAUCHE

’n Padkaart is ’n tweedimensionele voorstelling van die roete wat ons gaan volg. Dit verbind die hiér (waar ons nou is) met die dáár (waar ons beoog om ons reis af te sluit). Die kaart bevat ook simbole, en elke simbool ontsluit ’n bepaalde betekenis. Dit maak dit vir ons makliker om die verbinding te sien tussen verskillende plekke wat ons nooit geweet het aan mekaar verbind is nie.

Ons wil weet …

’n Padkaart vertel presies watter pad ons moet volg as ons verdwaal het. En hoe om weer op die regte pad te kom. Wat meer is: Ons kan ook die verskillende bakens sien wat ons langs die pad gaan teëkom. Dié bakens herinner ons daaraan dat ons nog op die regte pad is. Op ’n spesiale manier verbind die bakens ons aan al die mense wat vroeër hierdie einste roete gevolg het.

Daar is ’n tyd om (met mekaar) te praat

Ons almal wil ’n padkaart vir die lewe hê. Ons wil weet hoe ons by ons bestemming gaan uitkom. Ons wil ook weet hoe die bakens lyk.

Elke jaar kyk my man die Dakar-wedren op televisie. Dié befaamde motor- en motorfietsresies, wat twee uitmergelende weke lank duur, neem die deelnemers deur onherbergsame woestyne, langs bykans onbegaanbare modderpaaie en oor uitdagende bergpasse. Sommige dagskofte is verder as 800 km. En dis wárm.

Slegs sowat die helfte van die deelnemers, en dikwels heelwat minder, bereik die eindstreep. Daar is feitlik elke jaar iemand wat verongeluk.

In elke motor is daar ’n bestuurder en ’n navigator. Hierdie twee spanlede moet mekaar vertrou; daar is nie ruimte vir twyfel of tyd vir weifel nie. Navigasiefoute het erge gevolge – boetes, frustrasie, ongelukke – en kan selfs tot diskwalifikasie lei.

Die Dakar-resies het my laat dink …

Ons almal sit agter die stuur, stewig op pad na ons lewensdoel. Jesus is ons Navigator. In Johannes 14:6 sê Hy immers: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” Ons kan kies om Hom te vertrou om ons die pad aan te wys, of ons kan op ons eie kennis en insig staatmaak.

#leefLiGter die volgende 40 dae: ‘Ander se getuienisse help ons om verby vrees en verdriet te kyk’

Ons weet nie presies hoe ons pad lyk nie, maar as ons kies om Hom te vertrou, is ons volledig op Hom aangewese. Want Hy hou die kaart in sy hande. Ons hoef dus nie te twyfel of te weifel nie.

Jesus verstaan al die kodes en simbole op die kaart, en Hy weet waarheen Hy met ons op pad is. Hy weet waar die gevaarlike plekke is en watter kortpaaie ons liefs moet vermy. Hy weet ook wanneer ons ’n bietjie moet rem trap, ter wille van ons eie en ander se veiligheid.

Ons padkaart is die Bybel. Daar is bakens op dié kaart wat die regte pad aandui. Hier word ons ook herinner aan ander wat dieselfde roete gevolg het; ons lees trouens hul stories. Ons leer dat sommige verdwaal het; dat party ’n afdraaipad gekies het; dat ander net nooit hul bestemming bereik het nie. Ons word dikwels teen verleidelike kortpaadjies gewaarsku …

Soms kom ons agter dat die Bybelse roetes nie vir almal aanvaarbaar is nie. Óns stem egter met die psalmdigter saam: “U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad” (Ps 119:105).

As ons boonop op Jesus vertrou om die padkaart vir ons te interpreteer, sal ons nooit verdwaal nie. Ons sál die wedren voltooi, op die veiligste en maklikste moontlike manier. Dit maak nie saak hoe moeilik, en soms bykans onbegaanbaar, die pad lyk nie.

Gee jou oor aan die kennis en insig en sorg van jou Navigator, en Hy sal jou bewaar – elke tree van die pad.

  • Simone Gauche is ’n mamma met twee seuntjies, en ’n mediese dokter wat in die staatshospitaal op Mosselbaai werk.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF