Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Onwrikbaar dieselfde

Deur René Badenhorst

“Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.” – Hebreërs 13:8

Daar is min ervarings wat vir my so verrykend is soos om te reis! Dit kielie my lekkerkry-snare om te sien hoe God mense gemaak het om verskillend te lyk en hoe kulture oor die jare ontwikkel het om elkeen sy eie tradisies te vorm. In die een land is dit taboe vir mans om kortbroeke te dra en in ’n ander moet vroue liefs nie oop sandale dra nie.

Wanneer ek egter by gelowiges in ander lande kuier, beleef ek ’n onbeskryflike band van bekendheid. Die Gees in my is presies dieselfde as die Gees in hulle! Al is ons so verskillend, voel ons soos familie.

Toe Jesus aarde toe gekom het, het Hy vir ons sondes kom betaal, maar Hy het ons ook iets kom leer van hoe die hemelse kultuur werk. Dít, het Hy gesê, is die heel belangrikste wat ons moet nastreef. Wanneer dit oor God se koninkryk gegaan het, het Hy hom ook nie juis aan aardse taboes gesteur nie. Hy het sommer oop en bloot met ’n Samaritaanse vrou langs ’n put gesels!

As ons ’n tydmasjien gehad het en sou kon terugreis in tyd, of selfs die kalender sou aanskuif tot ’n klompie jare vorentoe, sou die wêreld anders lyk as wat ons hom nou ken. Maar een ding sou presies dieselfde wees: Jesus Christus.

Wat ookal hierdie jaar vir ons inhou, mag ons vrede vind in die wete dat Jesus betroubaar is. Mense en omstandighede verander, maar Jesus bly onwrikbaar dieselfde. Hy sal ook hierdie jaar so wees.

Waarna gryp jy eerste wanneer jy onseker voel? Is dit kos? Gaan doen jy inkopies? Mag God die anker wees waaraan ons vashou.

Gebed: Here Jesus, onsekerheid oor wat die toekoms vir my en my geliefdes inhou, maak my bekommerd. Dankie dat ek kan weet dat U dieselfde sal wees. Ek wil U beter leer ken en my oë op U hou. U is my vaste hoop. Amen.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF