14 Mei 2021
“My droom is om vroue te help om ’n hooglied in hul slaapkamer te sing, in plaas van klaagliedere. En dis hoekom ek glo dat ek ’n aandeel in die Here se werk het,” vertel dr Marlena du Toit, bekende ginekoloog en nou ook seksuoloog.
Marlena het daarom die volgende vyf artikels geskryf oor die algemeenste seksuele kwessies waarmee vroue worstel.