Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Van Parkrun na Comrades: Seun motiveer ma om te begin draf

Toe ek die getuienis lees van Manie Steyn, wat deur onder andere draf van sy depressie genees is, het dit my gemotiveer om my getuienis ook te vertel.

Dit was nege jaar gelede. My oudste – wat nou 17 jaar oud is – is gekies vir die SA landloopspan. Alles het begin by Middelburg se Parkrun. Daardie 5 km was verskriklik ver om te drafstap.

Intussen was ek omtrent al vier jaar op antidepressante en was ek vreeslik oorgewig en baie depressief. Die lewe was moeilik en donker. Party dae wou ek handdoek ingooi … Die een draffie het na die volgende gelei en so het die gogga begin byt.

Hoe meer ek gehardloop het hoe meer het ek beter oor myself gevoel. Stelselmatig het die gewig begin afval en my kop was op ’n beter plek.

Die gevoel van verder en verder hardloop het my gemotiveer om meer te doen. My grootste droom was nog altyd om deel te wees van die duisende mense wat Comrades hardloop.

Na 12 maande het ek nie meer antidepressante gedrink nie. Al wat ek wou doen is hardloop. Totdat my man besluit het nou gaan hy my inskryf vir die Comrades en my self afrig. Hy self hardloop hierdie jaar sy 6de Comrades-maraton.

In 2022 het my droom waar geword. Ek het my heel eerste Comrades gehardloop en klaargemaak. Dit was ’n fenomenale dag op die pad. Ek het elke oomblik vreeslik baie geniet.

Tot einde 2023. Toe begin die beserings. Ná MRI-skanderings het die dokters gesê ek sal nooit weer kan hardloop nie. My rug gaan dit nie toelaat nie. Hulle woorde was: “Jy het ’n rug van ’n 50-jarige.” Ek was toe net 38 jaar oud. Ek het by myself gedink, hierdie mense ken seker nie my Here wat mense gesond maak nie.

Dit het gevoel of my wêreld inmekaarsak. Ek het agt maande se fisiobehandeling ondergaan en het versterkingsoefeninge gedoen. Alles wat ek kon doen, het ek gedoen.

Gebed is ’n klein woordjie, maar die betekenis is ongelooflik. God het my gedra, Hy het my opgetel as ek voel ek kon nie meer nie. Ek het dae om gehuil, want ek kan nie meer hardloop nie. Dit was ’n donker tyd. Ek het in ’n stadium gedink ek gaan weer antidepressante moet gebruik.

Ek het begin beter voel na die fisiobehandeling. Ek het weer stadig begin hardloop. My liggaam het elke keer net beter en sterker na ’n oefensessie gevoel.

Verlede jaar November het ek ’n maraton gedoen en gekwalifiseer vir vanjaar (2025) se Comrades.

Die Here weet! Hy weet van jou gesukkel, Hy weet van jou seer, Hy hoor jou gebede. Hy sal deurkom vir jou. As Hy dit vir my kon doen, hoeveel te meer sal Hy dit nie vir ál sy kinders doen nie.

Ek hoop my getuienis kan vir iemand net weer ’n klein bietjie hoop bring in hierdie lewe. Bring die kleinste probleempie na Hom toe, Hy weet en Hy hoor.

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF