Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Wanneer hemelhoë branders woed

DEUR MILANIE VOSLOO

“Mamma, dis lekker by die see!” kom my vierjarige kleinkind se spontane besef toe sy met ’n groot draairoomys styf langs haar ma op die strand sit en na die branders kyk.

LEES OOK: Medaljes van hoop

Wie van ons het nie al groot vreugde, heerlike tye en ook stukke bevryding by die see gevind nie? Ook jý sal onmiddellik tye herroep wat die see vir jou jou eie “draairoomys-lekkertes” gebring het. Jou ook as volwassene weer kinderlik opgewonde oor die lewe gemaak het.

Daar kan baie redes wees, maar een daarvan is die raaksien van enorme groot branders wat aangerol kom en dan … op sy eie ritme, afplat totdat dit saggies op die strand uitspoel. Totdat die onstuimigheid uiteindelik saggies op die strand wegsyfer.

LEES OOK: Moenie moed opgee met mense nie

Waar is jou hart se branders op die oomblik? Kom dit aangerol in vrees, bewing, woede, bekommernis en selfs opstand? Is die wit skuim van gister besig om in kleiner branders aan te rol? Of beleef jy die vrede van die wegsyfer van die dinge wat jou gister so ontstel het?

Onthou vandag: Hemelhoë branders rol almal een of ander tyd op die strand van ons lewe uit. Vind kalmte in die wete: “Dis lekker by God se altyd-by-jou-wees-see!”

Getye van léwe

Here, ons visie is soms so kort.
Ons staar ons blind teen wat nou is
en kyk die groter prentjies van lewe mis.
Ons vergeet dat die lewe sy eie getye van
ontsteltenis, bekommernis en intense emosies het,
net om môre weer vreugde, vrede en vervulling te bring.

Help my om perspektief te behou:
Wanneer wit skuimbranders in my woed
en ek wonder waar U nou is.
Sowel as die tye wat ek u sagte vrede
op die strand van my lewe voel uitspoel en weet:
U was gister daar.
Is vandag hier.
En môre?
Môre is U steeds God-in-beheer!

Die Bybel

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! – Romeine 15:13.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF