Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Wat ’n getuienisreis!

Goeie genugtig! Wat ’n groot voorreg was dit om van die begin af deel van LiG se getuienis-reis te kon wees!

Aanvanklik moes ek my vaardighede as “getuienisspeurder” behoorlik opskerp om genoeg leesstof op www.lig.co.za te kon kry. Maar hoe meer mense se stories geplaas is, hoe meer lesers het bygekom. En so het die getuienisse van God se goedheid en sorg te midde van seerkry en swaarkry begin instroom …

Bestel LiG Getuig hier!

Dit alles het by Koos Kruger van Bloemfontein begin. Sy merkwaardige getuienis was LiG se
eerste “uitskieter” in die kuberruim. Koos het getuig van alles wat hy gesien het toe sy hart gaan staan het ná ’n ongeluk met ’n hoekslypmasjien. Terwyl die dokter en ander mediese personeel gespook het om sy hart weer aan die gang te kry, het Koos die hemel besoek. Hier, vertel hy, het hy die opdrag gekry om te gaan verkondig wat hy beleef het.

LiG het onlangs ook die voorreg gehad om Koos se getuienis op video vas te vang vir ons YouTube-kanaal.

Ons YouTube-kanaal, LiG: God se krag in my krisis, is lewensveranderend vir my. Ek het kosbare lesse geleer. Dit was ook ’n voorreg om dié dapper vertellers persoonlik te ontmoet en hul kosbare stories op video vas te lê. Ons het, onder andere, met Jan Bloukaas (Jean du Plessis) gepraat, en hy het ons geleer dat doodgaan nie verloor is nie.

Jan Bloukaas se aangrypende getuienis is tot dusver LiG se gewildste video.

Ek het wel ook geleer dat gelowiges nie van pyn gevrywaar is nie, maar dat God saam met ons daardeur stap, dat Hy ons dra.

Daar was ’n opname-dag in die ateljee toe ek ’n oomblik lank weggestap het. Ek was in trane en het God gesmeek dat Hy my nooit sal laat vergeet wat ek daardie dag moes aanhoor nie. Dat Hy my sal help om altyd ’n ewigheidsperspektief in dié lewe te behou.

Ek staan steeds verstom oor wat God in Wilmien Davin se lewe gedoen het. Sy het die opspraakwekkende Kalahari-brand oorleef; haar geliefde man en twee van haar drie kinders nié. Wilmien het getuig hoe sy tydens ’n wegbreeknaweek ná die ongeluk op ’n klipmuurtjie gelê en die Here gevra het: “Hoekom lewe ek, Here?” En Hy het haar geantwoord: “Om te lééf!”

Onlangs het ek myself, pens en pootjies, in ’n LiG-getuienis bevind: My tweejarige susterskind, Livi van der Vyver, moes ’n opehartoperasie ondergaan om ’n gat in haar hart heel te maak. God was ons genadig en die hartjie is sonder komplikasies herstel.

Waaroor ék wil getuig, is die krag wat God ons in hierdie familiekrisis gegee het. Hy het my sussie, Mercia-Anne, en haar man, Kris, in die twee weke voor die operasie gedra, en ook in die ure wat hul kindjie in die teater was. Hy het klein Livi die krag gegee om deur die operasie te kom, en die dapperheid om alleen in haar hospitaalbed in die spesiale hoësorgeenheid te herstel. Hierdeur het God ons hele familie aangeraak en ons geloof in Hom versterk.

Ek wil dankie sê aan almal wat hul getuienis aan LiG toevertrou het. Julle is die helde in ons spesiale uitgawe. Julle leer ons hoe om aan God gehoorsaam te wees.

Conette le Roux is LiG se webredakteur, en bestuurder van die getuienis-afdeling.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF