Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Search

Is ek ‘n alkoholis?

alkoholia

Jy het ‘n klomp redes waarom jy maar elke keer daardie drankie te veel drink. Jy vra jouself dalk in die stilligheid af: “Is ek ‘n alkoholis?” In hierdie artikel kyk ons na ‘n alkoholis se verdedigingsmeganismes, en hoe ‘n gesin iemand wat te veel drink kan bystaan. Ons kyk ook na hoe ‘n gesin […]

Alkoholisme – ’n gesinsverwoester

Alkoholisme

Onlangse navorsingstatistiek toon dat drie uit tien volwassenes beweer alkoholisme het groot probleme in hulle huisgesinne veroorsaak. En alkoholisme binne huisgesinne neem jaarliks toe.   ’n Alkoholis in die gesin het ’n uiters negatiewe impak op ander gesinslede, en elke gesinslid beleef ’n alkoholis se verslawing op ’n unieke wyse. Dikwels dink die gesinslede dat […]

Sendeling vra hulp, gebede vir dogter: ‘Dit is ons laaste opsie vir Mari-Alena’

Sendeling en skrywer Michele Potgieter sê daar is nog ’n moontlike kans op lewe vir haar 23-jarige dogter Mari-Alena.  Sy veg die afgelope vyf maande teen Burkitt se limfoom, ’n rare kanker wat gewoonlik in die abdomen of milt begin. Michele verduidelik: “Haar dokters het bevestig dat Mari-Alena nie langer met chemoterapie sal voortgaan nie, […]

Wat ’n getuienisreis!

Goeie genugtig! Wat ’n groot voorreg was dit om van die begin af deel van LiG se getuienis-reis te kon wees! Aanvanklik moes ek my vaardighede as “getuienisspeurder” behoorlik opskerp om genoeg leesstof op www.lig.co.za te kon kry. Maar hoe meer mense se stories geplaas is, hoe meer lesers het bygekom. En so het die […]

Ondersteuners moedig Jan Bloukaas aan om ‘fight song’ te maak

Foto: Facebook Sedert Jan Bloukaas met een van sy aangrypende video’s sy “katte” op sosiale media gevra het om sy album-droom te ondersteun, het die geld ingestroom. Maar ook hartroerende boodskappe van ondersteuning. Die Bloukaas Fund, wat ses dae gelede deur mede-musikant Janie Bay gestig is, het reeds op R135 631 tydens publikasie van die […]

Silwermedaljewenner Jo-Ané: ‘God het my hartseertrane in vreugdetrane verander’

Hooffoto: Charmaine Sisterwood Visser Toe die spiesgooier Jo-Ané van Dyk se 63,93 meter haar ’n podiumplek by die onlangse Olimpiese Spele besorg het, het Suid-Afrikaners gejuig. Maar foto’s en ander beeldmateriaal het gewys dat dié silwermedaljewenner, haar ouers en haar verloofde eers behóórlik gehuil het voordat daar feesgevier is.  Vra jy ons jongste spiesgooikoningin uit […]

Vroue se hoopprojek: Staptog vir dié wat hartseer van selfdood dra

Twee vroue se verlies het hulle bymekaar gebring. En omdat albei nou hulle kinders “vir twee” moet liefhê, het dié weduwees van Pretoria besluit om hoop te kies. Ilse Meiring se man Deon het in 2019 ’n einde aan sy lewe gemaak en in 2020 het Christia Uys se man Jaco ook die onverklaarbare besluit […]

Verlamde Secunda-vrou: ‘Die Here het my nóg ’n kans gegee’

‘Ek weier om my omstandighede te aanvaar. Ek droom altyd ek loop, en nooit met ’n rolstoel nie! Ek klou vas. Ek sal aanhou glo en vertrou …’ In 2021 het LiG Merenthia Cronje van Secunda se #liggetuienis met lesers gedeel. Sy het die gebruik van haar bene verloor in ’n glykabel- (“zipline”) ongeluk in […]

Dwelmverslaafde, bosslaper, dief: ‘Sonder God is dít weer my voorland’

Wanneer jy na die 41-jarige Garrow Coetzee se storie oor sy verlede luister, kry jy behoorlik hoendervel. Dit klink soos ’n draaiboek vir een van daardie soort flieks wat gemaak word met die doel om te skok. As 14-jarige seun in Parow was hy reeds ’n alkoholis. Op 15 was hy ’n dwelmverslaafde. En in […]

Kyk nou ►