Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Wintershande, ’n siftingstoets vir nierskade en ander gesondheidswenke

Hier is ’n klompie nuttige wenke vir wintershande – en ’n waarskuwing of twee – oor die winter wat op ons is. Neem kennis, en neem dit ter harte.

Hier is ’n klompie nuttige wenke vir wintershande – en ’n waarskuwing of twee – oor die winter wat op ons is. Neem kennis, en neem dit ter harte.

Warm en lekker, én gesond

Ons almal verlang na ’n warm drinkdingetjie op ’n koue wintersdag. Iets wat jou keel en jou borskas en jou hart kan warm maak. Wat is die gesondste manier om dit te doen?

Die allergesondste is ’n sjokolade­drankie, want dis ’n uitstekende bron van magnesium, kalsium, kalium, yster, sink en vitamien K.

Maak jou eie. Roer doodgewoon ’n teelepel kakaopoeier in ’n glas warm melk of warm melk-en-water. Versoet dit met suiker of ’n kunsmatige versoeter. En geniet dit!

Werk jou niere reg?

Ons kyk nierskade maklik mis. Die waarheid is dat ons gewoonlik eers besef dat daar fout is wanneer ons reeds 30%-50% van ons nierfunksie verloor het. Daar is wel ’n klompie tekens wat nierprobleme verklap; ons moet bloot waaksaam wees. Doen hierdie vinnige siftingstoetsie en besluit dan of dit tyd is om ’n dokter te gaan spreek.

  • Het jy aanhoudend hoofpyn?
  • Is jy altyd moeg, en nie slegs saans ná ’n lang dag nie?
  • Voel jy deurentyd naar? Is jou eetlus aangetas?
  • Bly daar ’n duikie agter wanneer jy op jou voorarm druk?
  • Het jy soms pofferige oë?
  • Is jou urine skuimerig?
  • Voel dit asof jou vel altyd iewers jeuk?
  • Het jou vel merkbaar verdonker?
  • Is jou urine se kleur diepgeel tot bruinerig?
  • Urineer jy deesdae meer dikwels? Of minder dikwels?
  • Afgesien hiervan, passeer jy min urine?

Wat jou antwoorde beteken

As jy JA antwoord op 1 en/of 2 hierbo, asook JA op enige een van die res van die vrae, is dit wys om dokter toe te gaan sodat daar deeglike toetse gedoen kan word.

Wintershande

Wat veroorsaak wintershande?

Die hoofrede vir wintershande (of pernio, soos dokters dit noem) is swak bloedsomloop, en dis iets wat jy maklik kan regstel.

Keer wintershande só:

Begin reeds voor die winter

As jy elke jaar aan wintershande ly, moet jy vroeg-vroeg met voorsorg begin, voor die koue jou vang.

Hier is ’n klompie nuttige wenke vir wintershande – en ’n waarskuwing of twee – oor die winter wat op ons is. Neem kennis, en neem dit ter harte.

Dra reeds in die herfs warm onderklere

Goeie bloedsomloop begin in jou lyf. Hoe warmer jou lyf, hoe beter is die bloedvloei na jou hande en voete. Frokkies en langjannies van wol en katoen wat hitte teen jou lyf skep en hou, werk uitstekend. Of oorweeg die lieflike nuwe materiaal wat vir bergklimmers ontwikkel is. Dis dun sodat jy gemaklik voel, en dit “haal asem” sodat jy nie nat word as jy sweet nie, selfs terwyl jy oefen.

Oefen elke dag

Twintig minute se oefening verseker dat jou bloedsomloop goed aan die gang bly en dit sorg dat die bloed veral jou vingers en tone bereik. Laasgenoemdes is die liggaamsdele waar pernio eerste toeslaan en die pynlikste is.

Oefen hard

Selfs bejaardes kan hard oefen. Hoe hard? Trek jou ouderdom van 220 af, en bereken 80% daarvan. Deel die antwoord deur vier. Dit gee jou die aantal slae waarteen jou hart in 15 sekondes kan werk.

  • As jy 30 is, kan jy só oefen dat jou hart 38 slae in 15 sekondes haal
  • Op 40 is jou mikpunt ’n polsslag van 36 in 15 sekondes
  • Op 50 is dit 34
  • Op 60 is dit 32
  • Op 70 is dit 28

(As jy ’n hartkwaal het, praat eers met jou dokter voordat jy begin oefen.)

Ander maklike wenke vir die winter:

Stop neusbloeding binne minute

Wat is die regte manier om neusbloeding te laat stop? Eenvoudig: Buig vooroor en knyp!

Prakties werk dit só:

Laat sak jou kop effens vorentoe. Moenie jou kop agteroor buig nie, want dan loop die bloed in jou keel af en jy kan stik of hoes. Dit sal die bloeding vererger.

Knyp die deel van die neusbrug tot by jou neuspunt tussen jou voorvinger en duim ferm toe. Hou dit ’n volle tien minute vol. Ferm druk stuit die meeste neusbloedings.

Daar is krag in kleur

Rooi, groen en geel groente lyk nie net mooier nie, dis ook waar die antioksidante skuil.

Soen hom, Sussie!

’n Lekker soen laat 29 gesigspiere werk, en dit help om jou vel ferm te hou. Soen dus baie, en gereeld. Dit keer die plooie!

  • Dié artikel, geskryf deur Salomé Delport, het oorspronklik in die 2021-winteruitgawe van die gedrukte LiG verskyn.
  • Vir lekker winterkos, lees hierdie artikel.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF