Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide

Word jou hare yler? Hier is die 5 redes

haarverlies-foto

Van bossiekop na kale eierdop? Nee, nie noodwendig nie; jy kán dit (dalk) keer. Lees hier hoekom jou hare verdwyn.

Deur Salomé Delport

1. Skielike hormoonveranderings, soos met die aanvang van menstruasie (ja, selfs tieners kan hul hare verloor!); tydens swangerskap; ná ’n bevalling; tydens die meno­pouse; as jy die gebruik van ’n voorbehoed­pil staak.

2. ’n Oor- of onderaktiewe tiroïedklier

3. Stres en trauma, wat beteken dat jy inderdaad “oornag” kan grys word. Ná intense stres soos ’n egskeiding of ’n ongeluk kan tot 30% van jou haarfollikels ophou funksioneer, waarna al hierdie hare uitval. Daar sal nuwe hare uitgroei, maar dit kan anders as jou gewone hare wees: Dit kan spierwit wees, of growwer, of fyner, of krullerig, of glad. Fisieke trauma kan dieselfde uitwerking hê – soos ’n groot operasie, groot gewigverlies, ernstige infeksies, hoë koors en chemoterapie.

4. Outo-immuuntoestande, wat soms die haarfollikels ook aantas en waarna jy kaal kolle op jou kop kan ontwikkel of yler hare kry. Of al jou hare verloor, selfs jou wimpers en wenkbroue.

5. Jou gene, wat beteken dat teen 50 tot die helfte van alle mans en tot ’n kwart van alle vroue androgenetiese haarverlies het. Mans verloor hul hare op die tipiese pankop-patroon: Die haarlyn op die voorkop skuif al hoër, en/of die hare ver­dwyn van die kroon af na die ore. Vroue se hare word weer oraloor yler. Hulle kan ook ’n sogenaamde patroonverlies wys: Dan lyk dit tipies soos ’n Kersboompie – met yler hare voor in die middel, soos ’n boomstam. En ’n driehoekige yl kol na die kroon toe.

  • Lees volgende Donderdag om 11:00 op www.lig.co.za meer oor moontlike oplossings vir haarverlies.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.