Maak ’n maklike, moderne raam

In die Lente 2023-uitgawe wys ons stap-vir-stap hoe om op ’n maklike manier ’n plakkaat of ’n foto op te hang. Hier is vier prente wat jy kan aflaai om saam met die raam te gebruik. Dit is groot genoeg om op ‘n A3 uit te druk. Klik op die prent om ‘n hoëkwaliteit PDF […]
Só help jou geloof om stres te hanteer

Geloof en stres is dalk albei in jou hart teenwoordig. Want stres is deel van ons alledaagse bestaan. Aan die een kant, omdat ons in ‘n gebroke wêreld leef waar pyn, frustrasie en spanning deel van ons lewe is. Aan die ander kant is gesonde stres ook ‘n hulpmiddel wat ons help oorleef. Maar langdurige […]
Hoe gebed jou geestelike gesondheid bevorder

Die wetenskap kan nie konkreet bewys dat gebed ons geestelike gesondheid bevorder nie. Tog ervaar diegene wat bid dat hulle emosionele en selfs fisieke toestand positief daardeur bevorder word. In hierdie artikel kyk ons na die gevolg van gebed op ons gesondheid – emosioneel, geestelik en fisies. Gebed maak ons rustiger Alhoewel die wetenskap nie […]
Ek en my maat het verskillende ouerskapstyle, en ons baklei daaroor

Ons ouerskapstyle bots | Hoe om die konflik te hanteer en as ’n span saam te werk Botsende ouerskapstyle kan aan kinders teenstrydige boodskappe stuur. Dit kan kinders verwar oor hoe om op te tree en wat van hulle verwag word. Verskille in ouerskapstyle kan maklik die vonke tussen huweliksmaats laat spat. Ouerskap is nie maklik […]
Watter ouerskapstyl bevorder onafhanklikheid in my kind?

Die verskillende ouerskapstyle, en watter een onafhanklikheid bevorder Volgens kenners is daar hoofsaaklik vier ouerskapstyle. Die outoritêre ouerskapstyl met streng reëls en ‘n ouer wat gesag uitoefen sonder om die kind se gedagtes en emosies in ag te neem. Die gesaghebbende styl waar die ouer ondersteunend en versorgend is, maar steeds streng reëls neerlê. Daar […]
Ouerskapstyle: Hoe dit jou kind se ontwikkeling beïnvloed

Ouerskapstyle en hoe dit jou kind kan help om ’n gesonde, gebalanseerde grootmens te word Die rol van ouerskapstyle in kinder ontwikkeling Meeste ouers se mikpunt is om hulle kinders op te voed om eendag gesonde, gebalanseerde volwassenes te word. Ons wil ons kinders ondersteun op daardie pad om ’n grootmens te word wat emosioneel […]