Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Moenie die Heilige Gees jou “silent partner” maak nie!

Vir die meeste van ons is die konsep van ‘n vennootskap nie vreemd nie. ‘n Vinnige Google-soektog verduidelik dat ‘n vennootskap ‘n ooreenkoms tussen minstens twee vennote is en dat die onderneming tot elke vennoot se voordeel is. Niks nuuts nie, of hoe?

Maar het jy al aan die belangrikheid van ‘n vennootskap met die Heilige Gees vir jou finansies gedink? Kom ons oorweeg hoe só ‘n konsep op ons persoonlike finansies van toepassing kan wees. In ‘n vennootskap is daar ‘n paar goue sleutels tot ‘n suksesvolle onderneming:

Verhouding

Eerstens moet die verhouding op vertroue en deursigtigheid gebou wees. Vir die vennootskap om optimaal te funksioneer, moet jy jou vennoot vertrou en gemaklik voel dat hulle deursigtig en eerlik met jou sal wees. Vanuit ‘n Bybelse perspektief sien ons hoekom God en die Heilige Gees die perfekte vennoot is. In Johannes 16:3 sien ons dat die Heilige Gees die Gees van die waarheid is en Hy lei ons in die volle waarheid. Die bekende Spreuke 3:5: “Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.” Hy is dus ‘n vennoot op wie jy kan vertrou en wie jou in die waarheid sal lei.

Geborg

Gesamentlike doel

Tweedens moet julle ‘n gesamentlike doel hê. Die vennootskap is gebou op iets waarin julle inkoop en waarin julle glo. Netso, moet jou vennootskap in jou finansies op ‘n gesamentlike doel gebou wees. Johannes 14:26 is ‘n herinnering vir ons dat die Heilige Gees ons Helper is en ons alles leer. Hy is dus die perfekte vennoot om saam finansiële doelwitte op te stel.

Finansiële bloudruk

Derdens, moet daar ‘n finansiële bloudruk en plan van aksie wees wanneer jy jou finansiële doelwitte saam met jou vennoot opstel. Die van julle wat ook denkers is, mag dit dalk oorweldigend vind om op een rigting te besluit. Gelukkig, al maak ons hoeveel planne, staan dít wat die Here besluit, vas (Spreuke 19:21). Ek moedig jou dus aan om dit wat jy in jou finansiële voornemens wil doen en bereik, aan die Here oor te laat (Spreuke 16:3).

Kommunikasie

Goeie kommunikasie met jou vennoot is uiters belangrik vir hierdie verhouding om suksesvol te wees. Die beste gereedskap in jou gereedskapkis vir hierdie een, is gebed. Met ‘n dankbare hart moet ons, ons begeertes aan God deur gebed en smeking bekendmaak (Filipense 4:6). Sê vir Hom dat dit jou droom is om eendag as jy groot is, ‘n 4×4 te ry. En aan die einde van elke maand nog steeds pizza te kan bekostig, in plaas van 2 minute noodles. Maak aan Hom bekend wat jou wense rondom finansiële vryheid is, en laat toe dat jou vennoot met jou kommunikeer wat sý plan is om jou begeertes in die bloudruk in te werk.

Respek

Laastens, maar glad nie die minste nie, moet jy respek en agting vir jou vennoot hê. Jy moet hulle waarde en rol in die vennootskap verstaan. Ons moet God dien met eerbied en vrees (Hebreërs 12:28) en eer aan Hom gee vir sy rol in ons finansies en ons vooruitgang.  Hierdie vennoot soek net die beste vir jou, so beweeg vanuit ‘n plek van respek vir Hom.

Hopelik is daar teen nou ‘n helder prentjie van die toepassing van vennootskapbeginsels op jou finansies en God se rol daarin. Maak Hom deel van jou finansiële beplanning en besluitneming. Die dae van ‘n stille vennoot het tot ‘n einde gekom! Hy wil deel van jou beplanning wees, selfs jou begroting vir die maand se wegneem-etes en koffie.

Kastelo is ‘n geregistreerde en gemagtigde finansiële diensverskaffer (FDV 51074), wat deur die Finansiële Sektor Gedragsowerheid en die Suid-Afrikaanse Reserwebank goedgekeur is. Vir meer inligting, kontak Kastelo by client-services@kastelo.co.za of besoek Kastelo.

Hierdie artikel is deur Chanté du Plessis geskryf.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF