Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Ek en my huis – só sal ons die Here dien

4 Maart 2021


Dis ’n wonderlike voorreg om as gesin die Here te dien en saam sy wil vir ons lewe te ontdek.

DEUR SUSAN GOOSEN

Huisgodsdiens is vir baie mense steeds sinoniem met “Boekevat” – daardie gewyde oomblikke wanneer Pa ná aandete uit die Bybel voorlees, terwyl die res van die gesin stil sit en luister. En die kinders desperaat – en vaak – probeer om iets te onthou, want daar gaan gevra word . . .

Ds Anriëtte de Ridder van Stellenbosch is gemoeid met jeug- en gesinsbediening, en sy sê dat geloofsgroei in ’n gesin deesdae ’n heel ander aanslag verg. “Boekevat is ’n eenrigtinggesprek waar die pa of ma die kenner is en geloofskennis aan hul kinders oordra. Deesdae se kinders se grootste behoefte is egter nie aan kennis nie, eerder aan ’n geïntegreerde, geleefde geloof.

LEES OOK: Leer jou kind selfdissipline

“Dit beteken onder meer dat kinders, in plaas van formele programme, wil sien hoe hul ouers hul eie geloof prakties uitleef in hul emosies, besluitneming, verhoudings en lewenshouding.”

Sy vat dit só saam: “Faith is caught, rather than taught.”

Daarom, sê Anriëtte, is “huisgeloof” ’n beter benaming as “huisgodsdiens”. Die hele gesin se geloof word tydens huisgeloof gevorm, almal neem deel en leer by mekaar. “Dis ’n saamdoen-aktiwiteit wat kreatief en gemaklik deur die ouers aangepak kan word.”

Waar begin ek?

Ds Jan van Zyl, leraar by Stellenbosch Moederkerk, gee die volgende wenke vir gesinslede wat onseker is oor hoe hulle huisgeloof moet aanpak: “Begin met ’n ritueel om almal te laat tuiskom. Beplan ’n gereelde kuier: om die tafel, op die trampolien, in die boomhuis, in die park, voor die kaggel.

“Rituele kan ook by die kerkjaar aan­sluit: Steek ’n Adventkrans op, of hou ’n Paasete. Deelname is belangrik. Laat almal praat, laat die gesinslede om die beurt iets voorlees of ’n paar woorde hardop bid. Hou dit kort, sodat almal na die volgende kuier uitsien.

“Moenie preek nie. Vra eerder vrae soos die volgende:

  • Wat leer ons van God in dié teks?
  • Wat leer ons van die mens in dié teks?
  • Wat val jou op?
  • Waaroor wonder jy?
  • Waartoe roep die teks ons?
  • Hoe kan die teks ons help met dié week se uitdagings?

LEES OOK: VIDEO: Onderhoud met skrywer van ‘Die klip in Lisa se borskas’

Anriëtte sê: “Indien julle min tyd tot jul beskikking het, kan julle met so min soos vyf minute per week begin. ’n Gereelde roetine is baie waardevol. Koppel dit aan saam eet, of saam wees, sodat dit deel vorm van jul gehaltetyd saam.

“Huisgeloof vra nie ‘uitgesorteerde’ ouers nie, eerder ‘teenwoordige’ ouers, ouers wat belangstel.” “En moenie skuldig voel as dit nie altyd uitwerk soos julle beplan het nie. Dit hoef nie perfek te wees nie. ’n Ouer hoef nie ál die antwoorde te hê nie, ’n ouer hoef ook nie noodwendig, geestelik gesproke, op ’n goeie plek te wees nie.

Uit ’n kind se oogpunt

“’n Mens kry verskillende maniere van kerk: Kerk in die kerk, kerk in ons boomhuis, en kerk wanneer ons piekniek hou.

Ek hou die meeste van piekniek-kerk.”

– Lisa, 8 jaar oud.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF