Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Search

Gebed vir die dag: Vir ons onderwysers

Gebed vir die dag

Onderwysers is gereeld op hul knieë. Hier is ‘n gebed vir die dag wanneer jy as onderwyser voel asof jou roeping te oorweldigend is. Dit is ‘n verwerking van die gebed wat Jesus vir sy dissipels gegee het, toe hulle Hom gevra het hoe om te bid.

Gebed vir die dag vir onderwysers

Ons Vader wat in die hemel is en wat al die wysheid het, mag u heilige Naam erken en aangeroep word, in my hart en in my klaskamer.

Laat u koninkryk kom, vol regverdigheid en vreugde en lewe. Mag u woorde en u roeping, wat lank reeds in die hemel opgeskryf staan, gestalte kry in die lewe van die kinders vir wie ek skoolhou.

Gee my vandag wat ek nodig het. U is die Bemoedigende Here, die Geduldige Leidsman en die Alwyse God. Wees vir my vandag wat ek nodig het.

Help my om gou te vergewe – my kollegas, die kinders wat so onsensitief is, die onderwysdepartement, die skoolhoof. Help my om in liefde die goeie raak te sien. Vergewe my wanneer ek sonde doen. Dankie vir u genade en vir tweede kanse. Help my om dit ook vir ander te gee.

Goeie Herder, lei my op paaie waar rus is. Weg van versoekings, soos om ten koste van ander te wedywer, of om liefdeloos te wees. Red my van die Bose sodat ek my oë altyd op U gevestig sal hou.

Want aan U behoort die heerskappy en die oorwinning. Aan U behoort al die leerders in my klaskamer, aan U behoort ons skool. U is die Een wat in krag en heerlikheid en, bowenal, liefde regeer. Van nou af tot in ewigheid. Amen.

Gebed vir die dag

Lees ook die aangepaste Onse Vader-gebed vir ma’s, nuwe ma’s en oumas.

No data was found

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF