Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Twee maklike resepte vir kinders

Maklike resepte vir kinders | Hierdie twee resepte is ideaal vir kinders wat wil help in die kombuis.

Maklike resepte vir klein kokke

Hierdie twee resepte is ideaal vir kinders wat wil help in die kombuis.

Maklike resepte vir kinders #1: Kleurvolle ontbyt eiernessies

Maak 12 nessies

JY BENODIG:

  • 12 snye bruin of volgraan brood (korsies kan verwyder word)
  • 12 groot eiers

METODE:

Spuit ‘n muffinpan met kleefwerende middel of smeer dit met botter.

Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius.

Plaas ’n sny brood in elke muffinholte en vorm dit versigtig met jou hande.

Breek ’n eier binne-in elkeen van hierdie broodjies en bak vir 10 minute.

Haal uit en skud liggies om te kyk of die mengsel geset het. Indien nodig, kan dit vir nog 2 minute gebak word.

Haal die eiernessies uit die holtes en plaas op individuele borde.

Bedien met die volgende:

  • ½ pakkie kersietamaties, gehalveer
  • ½ pakkie babaspinasie, fyn gesny
  • ’n rooi of geel soetrissie, in blokkies gesny
  • Gerasperde kaas

Sprinkel die kaas bo-oor die eiernessies sodra dit uit die oond kom. Plaas dan die ander bestanddele bo-op.

Maklike resepte vir kinders #2: Geen-gebak energiehappies

JY BENODIG:

  • 1 koppie hawermout
  • ½ koppie grondboontjiebotter
  • 1/3 koppie heuning
  • 1 koppie fyn klapper
  • ½ koppie lynsaad
  • ½ koppie sjokoladestukkies
  • 1 t vanielje

METODE:

Meng al die bestanddele deeglik in ’n medium grootte mengbak.

Verkoel in die yskas vir 30 minute.

Rol die verkoelde mengsel in balletjies.

Stoor in ’n lugdigte houer in die yskas. Die mengsel kan tot ’n week hou.

Met die komplimente van Little cooks club.

Kry nog idees vir lekker en gesonde resepte hier.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF