Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Oulike boeke wat geskik is vir voorlees aan kleuters en laerskoolleerders:

Stories uit die Bybel vir kleutersbevat 20 Bybelstories uit die Ou- en Nuwe Testament en is beskikbaar by CUM.

Met behulp van kleurvolle illustrasies en ’n maklik verstaanbare teks ontdek kleuters en jong lesers meer oor God se liefde vir en sy beloftes aan sy mensekinders.

Wat dit nog meer opwindend maak, is die iPhone- en iPad-app wat by iTunes beskikbaar is. Hierdie toep laat kinders toe om na ’n voorlesing van die stories te luister. Mamma kan ook haar eie stem opneem vir wanneer sy nie by die huis kan wees nie. Boonop sal die opwindende animasie op die toep die kinders ure lank betower.

Dit is ook in Engels beskikbaar as Stories from the Bible for Toddlers.

 

Die Dapper Kameelperdjie, deur Brent Vernon

Kom saam met Audrey met die blinkblou hoëhakskoene op ’n fantastiese avontuur! Audrey se maatjies, Nelson en Doudie, help hierdie klein kameelperdjie om te ontdek dat dit nie saak maak hoe lank jou nek is nie. Wat saak maak, is hoe jou hart lyk.

Dit is die eerste boek in die Avonture van Audrey Amaka-reeks. Die boekie sluit af met interessante diere-feite wat by die storie aansluit. Daar is ook versteekte elemente wat jy in die boek kan gaan soek.

Dit is ook in Engels beskikbaar as The Curious Little Giraffe.

Gebede met vlerke, deur Lizette Murray

Die skrywer wil met Gebede met vlerke aan laerskoolkinders ’n gebedsgids gee wat hulle in hul gebedslewe kan help.

Dié bekoorlike boekie bevat meer as 45 gesels-gebede wat laerskoolkinders aanmoedig om self die avontuur van gebed te ontdek. Die ses verskillende afdelings word elkeen aan ’n ander soort voël gekoppel. Die gebede in daardie afdeling weerspieël dan die unieke kenmerke van die spesifieke voëlsoort.

Die Arend-gebede handel byvoorbeeld oor die krag van God; die Duiwe-gebede oor dankbaarheid. Deur hierdie vergelykings leer die kinders om spontaan en gemaklik met God oor hul vreugdes, hartseer en sorge te praat. Én om daarmee vol te hou.

Saam met die gebede is daar ook lekker aktiwiteite wat die jong lesertjies sal help om kreatief oor gebede te dink.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF