Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Toets voor dit te laat is vir kanker, diabetes en hartkwale

Toets voor dit te laat is vir kanker, diabetes en hartkwale. As jy ’n kwaal vroeg genoeg opspoor, is die kanse op herstel net soveel groter as andersins.

As jy ’n kwaal vroeg genoeg opspoor, is die kanse op herstel net soveel groter as andersins. As jy bo vyftig is, sorg dat jy – en jou maat – die volgende toetse gedoen kry.

Gereelde toetse kan help om die vroeë tekens van gesondheidsprobleme of kwale op te spoor.

TOETS ELKE MAAND TUIS

• ’n Borsondersoek. En ’n testikelselfondersoek vir hom.
• ’n Fiksheid-evaluering. Kan jy so ver stap soos wat jy altyd kon? Moegheid is ’n teken dat iets iewers skort.
• Jou gewig. Gaan spreek jou dokter as jy om ’n onverklaarbare rede 5 kg of meer verloor, of bykry.

ELKE JAAR

  • Bloeddrukmeting
  • Lipiedprofiel (cholesteroltoets)
  • Bloedsuikermeting
  • ’n Evaluering van jou gemoed en verstand. Daar bestaan nie toetse vir depressie, demensie en ander breinsiektes nie, maar as jou lewe nie “werk” soos dit moet nie, kan die probleem hier lê.

ELKE TWEE JAAR

  • ’n Borskankersonar, en ’n prostaatondersoek vir hom
  • ’n Gehoortoets
  • ’n Oogtoets

ELKE 10 JAAR

  • ’n Kolonoskopie

*Dié kort artikel, geskryf deur Salomé Delport, het deel gevorm van die gedrukte LiG se maandelikse gesondheidsrubriek wat in die 2021-Somer/Kersfeesuitgawe verskyn het.

Lees ook: Bloedklonte ná ’n operasie: Só voorkom jy dit.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.