Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

2024 se mees gelese getuienisse: Ma se berou en twee vroue se stryd ná man se selfdood, tikverslawing

2024 se mees gelese getuienis is die verhaal van ’n dapper vrou en ma in Komatipoort, Mpumalanga.

Sanél Allerston het vertel van die moeilike en eensame pad nadat haar man Christiaan selfdood gepleeg het in die badkamer op hulle plaas. “Dis baie moeilik sonder ’n man en ’n pappa. Maar dis nou eenmaal soos dit is. Dis ons keuse hoe ons dit wil hanteer. Die toekoms is steeds onseker; daar is nie ’n aardse pappa wat ons kan beskerm, help of raad gee nie. Maar ons het ’n hemelse Pappa wat altyd by ons is.

“Dis ’n baie eensame pad, want niemand verstaan regtig hoe jy voel nie. Jy kan dit nie in woorde beskryf nie. Ek het my toegelaat om elke moontlike emosie te beleef, te verduur. Vandag nog. En die seer dae word minder. As dit wel opdaag, laat ek my toe om dit werklik te voel. Môre, dit weet ek, sal beter wees. Ek bly leef met hoop, met verwagting,” het sy vroeër vanjaar vertel.

Klik hier om die volle getuienis te lees.

’n Ma se roerende brief: ’Ek sal dit my lewe lank berou’

Die tweede mees gelese getuienis kom uit die hart van ’n enkelma van die Strand in die Wes-Kaap. Chrisna Verwey vertel hoe dankbaar sy is dat haar twee kleuters (hooffoto) oorleef het nadat hulle ’n jaar gelede by die dood omgedraai het.

“Ek skryf vanaand vanuit ’n mamma se hart. Ek het ’n groot fout begaan; dit was iets wat binne ’n breukdeel van ’n sekonde ons gesinnetjie se hele lewe verander het. Ná die voorval was my twee kinders drie maande lank in die Rooikruis-kinderhospitaal, die eerste twee weke in die intensiewesorgeenheid en aan ventilators gekoppel. In hierdie tyd was hulle drie keer so byna-byna dood. Dit was tye waarin ook die dokters min hoop gehad het,” het Chrisna se brief aan LiG gelui.

Sy het vertel van die gebeure wat op 27 Augustus 2023 by die kafee naby hulle huis afgespeel het. Sy verduidelik: “Ná twee minute in die kafee was ek by die betaalpunt. Ek het gesien hoe Luandre uit die kar vir my waai – en die volgende oomblik het ’n sekerheidswag kom sê dat my kar aan die brand is.”

Lees die volle getuienis hier.

KYK: ‘God het dubbel en dwars teruggegee wat die duiwel kom steel het’

Die derde mees gelese getuienis op LiG se platform is Nicola van Wyk van Worcester se openhartige verhaal.

“My man het ’n soort aggressie ontwikkel wat ek nie geken het nie. Ek was voorheen bewus van mense wat soortgelyke dinge beleef het, en ek het altyd gesê dat ek dankbaar is dat ek so ’n goeie man het. En toe kom steel die duiwel my huwelik. In ’n oogwink was ek met ’n vreemdeling getroud. Ons, ek en die kinders, het ’n heilige vrees vir hom ontwikkel. As ons hom hoor stilhou by die huis kon ek die vrees in my kinders se oë sien. Ons het sommige aande tot laat in die strate rondgery omdat ons te bang was om huis toe te gaan,” het Nicola vertel.

Lees die volle getuienis hier.

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF