Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Ondersteuners moedig Jan Bloukaas aan om ‘fight song’ te maak

Foto: Facebook

Sedert Jan Bloukaas met een van sy aangrypende video’s sy “katte” op sosiale media gevra het om sy album-droom te ondersteun, het die geld ingestroom. Maar ook hartroerende boodskappe van ondersteuning.

Die Bloukaas Fund, wat ses dae gelede deur mede-musikant Janie Bay gestig is, het reeds op R135 631 tydens publikasie van die artikel gestaan. Die oogmerk is R250 000.

Volgens Jan Bloukaas (oftewel Jean du Plessis) se ma Ronelle, het dié brawe breinkankervegter sowat ’n maand gelede besef hy het drie rekenaars vol onvoltooide musiek en dat hy baie graag ’n “massiewe album” die lig wil laat sien – terwyl hy nog in staat is. Op 30 Julie het Jean geval as gevolg van breinswelling en kon tot dusver nie weer loop nie, het Ronelle oor Jean se gesondheid gesê. Ronelle en Jean se pa Daan versorg nou vir Jean tuis. Sy beste vriend Bernard Hordijk help glo tans met die organisering van die musiek.

Jan Bloukaas se kragtige getuienis is te sien op LiG se Youtube-kanaal LiG: God se krag in my krisis.

Huisgenoot het onlangs berig dat die musiekvervaardiger Deon Dee se Dee Graaff Productions die album gaan vervaardig en dat nog kunstenaars betrokke gaan wees.

Wanneer jy deur die 314 donateurs vir die Bloukaas Fund se boodskappe aan Jean lees, besef jy hoe dankbaar mense vir Jean se getuienis is, dat hy uiters geliefd is en dat almal vir ’n wonderwerk bid.

Zee skryf: “Jean, jy is ’n ware rockstar. Dankie dat jy so ’n goeie voorbeeld is en ons na Bo wys.” Janet is ’n medekankerlyer: “Ek fight saam met jou die groot K. Jy is my grootste inspirasie op die oomblik. Jy gee net nie op nie! Bly so ’n sterk, mooi mens van God.”

“Jy is so ’n inspirasie. Maak jou fight song en moenie ophou glo aan wonderwerke nie!” skryf Liane Odendaal Smit.

’n Anonieme donateur se boodskap is eenvoudig: “Hou aan glo. Ons sal aanhou bid.”

Danielle van Niekerk bemoedig so: “Hou aan droom, Jeanie. Dankie Jesus vir jou getuienis.”

Jean hou inderdaad aan met droom en sy geloof wankel nie vir ’n oomblik nie. “Ek wil vir julle wys wat God kan doen wanneer jou gesig teen die grond is … Suid-Afrika, ek wil julle nog eenkeer laat dans,” was Jean se boodskap in sy mees onlangse video.

  • Klik hier om die Bloukaas Fund te ondersteun. Alle ekstra fondse sal aan KANSA geskenk word.

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF