
Jong seun sterf kort ná ma se diagnose: ‘Ek vind vrede in die wete dat Liam my kankerpad gespaar is’
Soms slaan die lewe jou met dubbele slae, soos die 42-jarige Marietha Rheeder van Stilbaai kan getuig. Sy is met graad 4-kanker gediagnoseer, maar voordat haar behandeling kon begin, moes sy haar 12-jarige seun Liam Claassen aan die dood afstaan.















