“Ons (die geliefdes van alkoholiste) ly in stilte – en dít is wat ek graag wil verander. Ons hoef nie stil te bly nie.”
Met hierdie woorde verduidelik Rosie Kotze, ’n geoktrooieerde rekenmeester van Kempton Park, waarom sy oor die moeilikste jare van haar en haar drie kinders se lewe te praat in die derde episode van die LiG Getuig-podcast.
Rosie Kotze (44) het jare lank alles in haar vermoë gedoen om haar alkoholis-man te probeer help. Sy vertel: “Ek is deur ontkenning verblind en was vasgevang in ’n lewe vol frustrasie. Net soos Jaques nie sy drinkery kon beheer nie, kon ek Jacques nie beheer nie. Nog minder kon ons die uitwerking beheer wat alkoholisme op ons kinders gehad het.”
Nie Jaques se twee onsuksesvolle besoeke aan ’n rehabilitasiesentrum, sy woedeuitbarstings en verbale mishandeling, of sy weke lange verdwyning kon Rosie laat moed opgee nie. Maar toe kom die dag dat die maatskaplike werker Karien Keeve vir haar vra: “Wat gaan gebeur as jou kinders sterf omdat hy dronk agter die motor se stuurwiel is?” Toe het Rosie geweet: Tot hiertoe en nie verder nie.

Dis nou meer as drie jaar sedert Rosie, saam met God, en sonder die drankduiwel in hulle gesin, op ’n moeilike genesingsreis vertrek het. “Ek wens nie meer ek is dood nie,” sê sy vandag. In die derde episode van die LiG Getuig-podcast gesels sy oor die donkerste dag van haar lewe, oor die hulp wat sy vir haar drie kinders gekry het en waarom sy vandag nie meer daardie gebroke persoon is nie. Boonop het daar ’n wonderwerk in die Kotze-gesin plaasgevind.
LEES OOK: ‘Ons wil getuig sonder wegsteek, wegkruip of skande’ – gesin ná donker pad met alkoholisme
LEES OOK: ‘Die dag toe ek nie meer wou leef nie’ – vrou van alkoholis
Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.


















