“Here, laat u wil geskied, maar hoe U dit gaan doen met MIV weet ek nie”.
So het Christo Greyling destyds gebid toe hy in sy voorlaaste jaar van teologiese studies uitvind dat hy MIV het. Hy is ’n hemofilielyer en het die virus opgedoen tydens een van sy gereelde behandelings met bloedstollingsmiddels.
Dit het hom en sy vrou, Liesel, vyf jaar geneem voor hy sy status bekend gemaak het. “Die siekte was direk gekoppel aan seks en immoraliteit. Ons het nie kans gesien vir die veroordeling nie,” vertel hy vandag.
In 1992 het Christo bekendheid verwerf weens mediadekking toe hy as jong dominee op ’n Sondaggoggend in sy eerste gemeente vertel het dat hy MIV het.
Christo en Liezel het ook in die 2000’s geskiedenis gemaak met hulle dogters se geboorte. Bevrugting kon normaal geskied sonder dat Liezel of hulle dogters MIV opgedoen het.
Vanjaar op 62 kyk hy terug en vertel hoe hy beleef het die Here gebruik hierdie destydse “doodsvonnis” hoe die kerk in Suid-Afrika en later ook regoor die wêreld Jesus se hande en voete kan wees vir mense met oordraagbare siektes.
Klik hier om Christo se volle verhaal verder te lees.
Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.





























