Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Praktiese Kersfees-idees

Maklike selfdoenprojekte wat die hele gesin hierdie Kersfees saam kan geniet!

Kersfees-idee 1: ’n Krans aan ’n hanger

Dít het jy nodig:

  • ’n Draadhanger of ’n stewige stuk draad.
  • Kersversierings waarvan jy hou. (Wenk: Blink balle werk die maklikste.)
  • ’n Tangetjie of skêr waarmee die draadhanger oopgeknip kan word.

Só maak jy:

STAP 1: Knip of buig die hanger aan die bokant oop, langs die haak. Buig jou hanger in ‘n sirkel. Sorg dat jy genoeg plek laat om die draad later weer vas te draai.

STAP 2: Ryg die Kersversierings die een ná die ander op die hanger in, en stileer dit na goeddunke.

STAP 3: Bind die twee los drade weer aan mekaar vas sodra die hanger vol versierings is.

STAP 4: Hang dit op waar dit mooi vertoon.

Kersfees-idee 2: Versierings uit die natuur

Dít het jy nodig:

  • Dun, reguit takkies (tel hulle sommer buite op)
  • Glans (glitter)-papier
  • Kersfeeskleurige tou of lint
  • Gom
  • Tou
  • Skêr

Só maak jy:

  1. Breek die takkies in lengtes waarmee jy Kersboompies kan maak.
  2. Gom die takkies in driehoeke aan mekaar vas. En plak ’n korter stukkie aan een kant vir ’n stam.
  3. Versier dit met die tou/lint wat jy het. Verfraai dit verder soos jy wil.
  4. Knip sterre uit die glanspapier en plak dit op die boompies se bokant.
  5. Maak ’n toutjie aan die bokant vas sodat die boompies aan die groot Kersboom gehang kan word. Of gebruik dit as dekor op die Kerstafel.

Kersfees-idee 3: Pret met servette

Dít het jy nodig:

  • Enige servette wat Kersfeeskleure bevat
  • Goue sterre (plakkers, of uit karton gemaak)
  • Kort stokkies, of selfs kaneelstokke
  • Lint/tou in Kersfeeskleure

Só maak jy:

  1. Vou die servet sodat dit soos ’n Kersboompie lyk. (Foto’s hieronder)
  2. Plak die goue ster aan die bopunt vas.
  3. Plak ook die stokkie in die middel onder vas. Dis die boom se stam.
  4. Draai die klein stukkie lint om die stokkie; dit rond alles mooi af.
  5. Plaas ’n “boompie” op elke bord op die Kerstafel.

Stap 1:

Stap 2:

Stap 3:

Stap 4:

Stap 5:

Stap 6:

Kersfees-idee 4: Sterre uit bruinpapiersakke

Dít het jy nodig:

  • ’n Klompie bruinpapiersakke
  • Pritt, of enige ander soort smeerbare gom
  • Tou
  • ’n Skêr. As jy ’n klein én ’n groot een het, sal dit handig wees!
  • ’n Gaatjiepons

Só maak jy:

STAP 1: Begin deur van die papiersakke op mekaar te pak en aan mekaar vas te gom. Hoe meer sakke jy gebruik, hoe mooier lyk die ontwerp. Ons het twintig sakkies gebruik. Maak ’n “onderstebo”-T met die smeerbare gom sodat al die sakke se onderskeie bodems vas aan mekaar is, terwyl die middelkant van elke sakkie op mekaar geplak is.

STAP 2: Gebruik nou die skêre om verskillende ontwerpe, soos driehoeke uit te knip. Pons gaatjies met die gaatjiepons, of knip self groter sirkels uit.

Wag totdat die gom droog genoeg is, en maak dan die papiersakke versigtig oop. Plak die twee los kante vas aan mekaar.

Knyp ’n knippie vas aan een van die punte en ryg ’n toutjie daardeur sodat die “sterre” opgehang kan word.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF