Onderwyser bring hoop in chemokamer en oefen vir ‘oorwinningswedloop’ in haar kankerstryd
“Die oomblik as jy die chemoterapievertrek instap, besef jy dat jy nie die enigste een is nie. Jy kom in hierdie saal waar mense halfslaperig, halfbedwelm sit … “Ek het aanvanklik daarheen gegaan met ’n lied in my hart: Ek kom nou om gesond te word! “Maar later het ek gedink: Is dít hoe ek […]
‘Jou talente kan jou én ander se omstandighede verander’
“God gee talente aan ons om nie net ons eie omstandighede te verander nie, maar ook dié van ander,” sê Björn Alexander. Björn het grootgeword in Chicago. Dis nou in Paarl-Oos en nié Amerika nie, vertel hy met sy kenmerkende vrolike lag. Dáár gaan pa’s glo winkel toe om melk te koop, net om dikwels […]
‘God kan jou vrymaak van die vrees’ – vrou ná huisaanval
Toe Mariëtte Theart die oggend van 22 Januarie 2015 wakker skrik was daar drie vreemde mans in hulle slaapkamer. Mariëtte, wat in daardie stadium 15 weke swanger was, het haar 15 maande oue seuntjie gegryp en gehardloop. Sy het ook daarin geslaag om die noodknoppie te druk. Haar man Fred het agtergebly saam met die […]
Een van Chris Barnard se jongste hartpasiënte word 70
Hoewel hartpionier prof Chris Barnard voorspel het dat Eileen Smit nie ouer as 16 gaan word nie, het sy onlangs met groot dankbaarheid haar 70ste verjaarsdag gevier. “Ek is vroeggebore en was maar baie klein en baie swak,” vertel Eileen oor haar aanvanklike grootwordjare. Sy onthou hoe haar ouers en sibbe haar moes ronddra of […]
Tiener oorleef gru-ongeluk: ‘Ek sien, in ’n oomblik van doodsangs, die Ligwesens om ons’

WAARSKUWING: Die artikel bevat ’n foto wat sensitiewe lesers kan ontstel. “Mevrou, sit net by jou kind. Dis nie vir ons die moeite werd om nou daarheen te vlieg nie.” Vandag is Marlu de Jager oneindig dankbaar dat sy en haar man Snyman daardie dag, 22 April 2022, geweier het om dié verdoemende woorde te […]
‘Ek kies God se beloftes bó verdoemende kankerdiagnose’
“Hierdie is nie iets wat jy kan weg bid nie. Die lewensverwagting is ses tot 12 maande.” Helani Gerber van Durbanville moes dié verdoemende velkankerdiagnose uit die mond van ’n spesialis hoor nadat sy ’n biopsie van ’n moesie op haar voet laat doen het. “Vir ’n 33-jarige vrou is dit ernstig om so iets […]
‘My hele lewe ’n getuienis van God se goedheid,’ vertel dokter ná vrou sterf
“Die moeilikste ding wat ek ooit moes doen was om vir my 3-jarige seuntjie te sê sy mamma is dood en dat sy nie gaan terugkom vanaf die hospitaal nie.” Andre van Straten, ’n oor- neus- en keelspesialis van die Paarl, se seuntjie, Lian, sy vrou Adele en Lian se oppasser was in 2020 in […]
‘Hoe deel ek my vreugde met haar hartseer?’
“Ons het geweet die onvermydelike kom, maar ons het dit probeer uitstel so lank as moontlik.” Anna-Mart van der Merwe van Worcester en haar gesin het sedert Andries as 3-jarige met sistiese fibrose gediagnoseer is, in vrees geleef. Sy lewensverwagting was nie meer as 12 jaar nie. Maar Andries het alle verwagtinge oortref. Hy het […]
‘Ek dink ek het uiteindelik besef hy kom nie huis toe nie’
“Die hoop is altyd daar en jy dink hy gaan nog huis toe kom. Maar ek dink ek het dit uiteindelik nou besef.” Lisa Smorenburg van Riversdal vertel dit het haar ’n volle vier jaar gevat om te besef dat haar enigste seun Storm nie gaan huis toe kom nie. Haar enigste seun het die […]
‘Here, gaan jy my ma en man in selfde jaar vat?’
“Here, gaan jy nou my man én my ma in dieselfde jaar wegvat?” Dié vraag het Carissa Bosman, bekende stilis van Kaapstad, huilend aan God gevra toe sy ’n oproep in 2023 van haar man Pieter ontvang het terwyl hy besig was om ’n hartaanval te kry. In daardie stadium het haar geliefde ma Thea […]