Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘God kan jou vrymaak van die vrees’ – vrou ná huisaanval

Toe Mariëtte Theart die oggend van 22 Januarie 2015 wakker skrik was daar drie vreemde mans in hulle slaapkamer.

Mariëtte, wat in daardie stadium 15 weke swanger was, het haar 15 maande oue seuntjie gegryp en gehardloop. Sy het ook daarin geslaag om die noodknoppie te druk.

Haar man Fred het agtergebly saam met die drie rowers terwyl sy na buite gehardloop het om hulp te kry.

“Ek het verwoed aan my bure se deur geklop en geskree dat hulle moet oopmaak,” onthou Mariëtte, ’n besigheidseienaar van Malmesbury. Hierna het haar buurman gegaan om haar man te hulp te snel.

In ’n struweling met die rowers is Fred toe met ’n mes gesteek en die drie mans het op die vlug geslaan.

Haar man moes steke vir sy meswond kry, maar hy het gou herstel. Mariette het in die proses om hulp te kry ’n beentjie in haar voet gebreek waarvoor sy twee keer geopereer moes word. Haar ongebore baba Luka en haar kleuter Daniel was gelukkig ongedeerd.

Maar, dié traumatiese ervaring het Mariëtte met angs gelaat.

“Mettertyd het die vrees ’n tronk geword …” onthou sy.

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.