Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘Here, gaan jy my ma en man in selfde jaar vat?’

“Here, gaan jy nou my man én my ma in dieselfde jaar wegvat?”

Dié vraag het Carissa Bosman, bekende stilis van Kaapstad, huilend aan God gevra toe sy ’n oproep in 2023 van haar man Pieter ontvang het terwyl hy besig was om ’n hartaanval te kry.

In daardie stadium het haar geliefde ma Thea vanaf Bloemfontein na hulle verhuis omdat haar kankerpad ten einde geloop het.Haar man het genadiglik die aanval oorleef en het ’n pasaangeër gekry.

Haar ma, wat Carissa alleen grootgemaak het, is later die jaar op Oukersaand in haar arms oorlede.

“Die afgelope twee jaar was rof. Ek het die verlange na my ma en die bekommernis van my man se gesondheid wat ek saamdra. Jy mag bang wees en vrees hê. Maar die vreugde om die Here te ken is dat jy nie te lank in daardie oomblikke is nie,” vertel Carissa.

Kyk episode 18 vir Carissa se volle getuienis.
Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

No data was found

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF