“Die moeilikste ding wat ek ooit moes doen was om vir my 3-jarige seuntjie te sê sy mamma is dood en dat sy nie gaan terugkom vanaf die hospitaal nie.”
Andre van Straten, ’n oor- neus- en keelspesialis van die Paarl, se seuntjie, Lian, sy vrou Adele en Lian se oppasser was in 2020 in ’n noodlottige motorongeluk op die N1.
Adele van Straten, ’n narkotiseur, het ná ’n week aan haar hoofbeserings beswyk. Die oppasser het ongelukkig ook gesterf in die hospitaal . Klein Lian was die enigste oorlewende met slegs ’n gekraakte duim.
Andre vertel dat dit vir hom ’n uiters moeilike tyd was en dat hy vir maande nie snags kon slaap nie. In dié slapelose tye het hy God se troos ervaar terwyl hy na aanbiddingsmusiek geluister het.
Vandag vertel Andre dat sy hele lewe ’n getuienis van God se goedheid is.
“God het ons lewe op ’n unieke manier kom herstel …”
Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.