“Hierdie is nie iets wat jy kan weg bid nie. Die lewensverwagting is ses tot 12 maande.”
Helani Gerber van Durbanville moes dié verdoemende velkankerdiagnose uit die mond van ’n spesialis hoor nadat sy ’n biopsie van ’n moesie op haar voet laat doen het.
“Vir ’n 33-jarige vrou is dit ernstig om so iets te hoor. Jy dink altyd dis iets wat met iemand anders gebeur. Jy dink nooit dis iets wat met jóú kan gebeur nie,” vertel Helani.
Die uiteinde was dat die kankergewas op haar voet verwyder is. Ook haar tweede toon is in Groote Schuur-hospitaal verwyder. Verdere toetse het getoon dat die kanker na die limfkliere in haar lies van dieselfde been versprei het. Sy het ook toestemming vir die verwydering van die limfkliere gegee.
Hierna was bestraling ’n verdere ingryping wat deur die medici voorgestel is. Maar, Helani het daarteen besluit.
Sy het geglo dat die verdoemende diagnose wat deur die dokters gemaak is, nie die einde van haar storie is nie …
* Klik hier om meer sulke aangrypende getuienisse op LiG se splinternuwe YouTube-kanaal te kyk.
Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.