Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘Jou talente kan jou én ander se omstandighede verander’

“God gee talente aan ons om nie net ons eie omstandighede te verander nie, maar ook dié van ander,” sê Björn Alexander.

Björn het grootgeword in Chicago. Dis nou in Paarl-Oos en nié Amerika nie, vertel hy met sy kenmerkende vrolike lag.

Dáár gaan pa’s glo winkel toe om melk te koop, net om dikwels nooit terug te keer nie. Trauma en geweld is deel van die elkedagse bestaan.

En, onthou Björn, oomblikke van totale hooploosheid is ongelukkig net so volop. Met ’n alkoholis-ma, wat mishandeling met ’n gereelde pak slae verwar het, was dit maklik om totaal hoop te verloor.

Maar Björn, deesdae ’n Bolandse atletiekafrigter, het dit reggekry om homself met die hulp van ’n R100-noot uit sy hooplose omstandighede te “hardloop”.

Later het hy deur ’n meisie blootstelling gekry aan ’n gelowige gesin en hoe iemand lyk wat ’n verhouding met God het.

Vandag probeer hy, met Jesus as anker, ’n verskil in minder én meer bevoorregte jongmense se lewe maak.

Klik hier om ander inspirerende getuienisse op ons YouTube-kanaal LiG: God se krag in my krisis te kyk.

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.