Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Een van Chris Barnard se jongste hartpasiënte word 70

Hoewel hartpionier prof Chris Barnard voorspel het dat Eileen Smit nie ouer as 16 gaan word nie, het sy onlangs met groot dankbaarheid haar 70ste verjaarsdag gevier.

“Ek is vroeggebore en was maar baie klein en baie swak,” vertel Eileen oor haar aanvanklike grootwordjare. Sy onthou hoe haar ouers en sibbe haar moes ronddra of sy het gekruip waar sy wou wees.

“God het my genees,” vertel Eileen Smit. Prof Chris Barnard het ’n opeharoperasie op haar as 7-jarige uitgevoer en nie verwag dat sy ouer as 16 sou word nie.

Toe Eileen ’n kleuter was het haar ouers van Chris Barnard te hore gekom. Hulle het toe ’n afspraak by hom gekry. Sy aanbeveling was dat haar ouers haar eers ’n bietjie “sterker” moet kry voordat hy ’n opehartoperasie op Eileen sou kon uitvoer.

“Ek was sewe jaar oud toe hy die operasie gedoen het. Hy het my hart uitgehaal en dit gevries om daaraan te werk. Daar was ook ander komplikasies,” onthou sy. Uiteindelik moes hy vier ander defekte ook herstel.

Eileen vertel dat sy ná die opehartchirurgie baie lank in die hospitaal “in ’n sak” spandeer het in ’n poging om haar teen kieme te beskerm.

Prof Barnard se laaste woorde aan Eileen se ouers was: “Die operasie het goed afgeloop en ek het alles gedoen wat menslik gesproke moontlik was. Maar, sy sal ongelukkig nie ouer as 16 word nie.”

Hy het ook voorspel dat sy nooit sal kan loop nie.

Maar Eileen het toe bo verwagting leer loop en sowat 63 jaar later kon ’n hartchirurg nie eers sien dat sy so ’n groot operasie ondergaan het nie.

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF