Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘Ek dink ek het uiteindelik besef hy kom nie huis toe nie’

“Die hoop is altyd daar en jy dink hy gaan nog huis toe kom. Maar ek dink ek het dit uiteindelik nou besef.”

Lisa Smorenburg van Riversdal vertel dit het haar ’n volle vier jaar gevat om te besef dat haar enigste seun Storm nie gaan huis toe kom nie.

Haar enigste seun het die oggend van 21 Augustus 2019 op pad na Hoër Landbouskool Oakdale met sy skaatsplank geval. Toe Lisa laatmiddag by hom in die hospitaal in Mosselbaai kom was hy breindood. Lisa en Storm se pa het besluit om sy organe te skenk, maar eers het sy die laaste nag met haar kop by Storm op die bed geslaap, sy hand vasgehou en met hom gepraat.

Vir Lisa het die ontmoeting met die man (Andries van der Merwe) wat Storm se longe ontvang het ongelooflike berusting gebring. “Ek kan nie genoeg sê wat dit vir my beteken het nie,” sê Lisa.

Kyk episode 20 van LiG: God se krag in my krisis vir Lisa en Storm se volle verhaal. *Kyk more na episode 21 vir Anna-Mart van der Merwe se getuienis. Storm het haar seun Andries se lewe gered.
Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF