Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Search

Onderwyser bring hoop in chemokamer en oefen vir ‘oorwinningswedloop’ in haar kankerstryd

“Die oomblik as jy die chemoterapievertrek instap, besef jy dat jy nie die enigste een is nie. Jy kom in hierdie saal waar mense halfslaperig, halfbedwelm sit …

Kyk die video waarin Tamsin haar volle getuienis deel.

“Ek het aanvanklik daarheen gegaan met ’n lied in my hart: Ek kom nou om gesond te word!

“Maar later het ek gedink: Is dít hoe ek gaan lyk?”

Tamsin Alberts, ’n onderwyser in Malmesbury, vertel hoe sy ná haar borskankerdiagnose in 2022 wreed ontnugter is toe sy die morbiede atmosfeer in die chemoterapievertrek ervaar het.

Sy onthou: “Op pad huis toe vra my man: ‘Hoe gaan ons hierdeur kom?’

“Ek het dadelik gebid, en gevoel die Here lê dít op my hart: ‘Wees die lig vir ander mense.’”

Hierna kon niks Tamsin meer keer om hoop en positiwiteit te versprei nie.

Twee weke later het sy, voor haar tweede chemoterapiesessie, geel en wit rose gaan koop en aan elkeen in die vertrek uitgedeel. “Almal het gesels en gelag. ’n Mens kon die lig voel,” vertel sy.

Sy het ook besluit dat die kanker haar nie gaan definieer nie. “En nadat my man my hare afgeskeer het,” vertel sy, “het ek my nuwe kaalkop met trots gedra.”

Tamsin het ook geweier om haar drafskoene op te hang en het uiteindelik, wat sy noem, ’n “oorwinningswedloop” voltooi.

“Niemand sal ’n kankerpad kies nie,” sê sy, “maar dis belangrik hoe jy dit aanpak. Doen dit met die Here as anker. Sonder Hom sou ek dit nie kon regkry nie.

“Ek het geleer daar is altyd hoop, ongeag hoe donker die lewe vir jou lyk.”

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Geborg
Geborg
Geborg

Getuig saam met LiG

Geloof, hoop, getuienis – Ondersteun LiG vandag en word deel van die getuienis…

Vertel my meer

Skep getuienisse saam

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF
Kyk nou ►