Mamma-memoires: Om te wag …

Om te wag. Dis dan wat ek sal probeer doen, het ek besluit. Maar oor die soort geduld wat ‘n ma moet hê om vir haar kinders te wag – dít vind ek nie sommer maklik in myself nie. Veral as die lewe op spoed is, lysies afgehandel moet word en duisend dinge gedoen moet […]
Mamma-memoires: Een koppie koffie, een gebed

Dit was daardie gewoonte voor die koffiepot wat die verskil gemaak het. Elke oggend, tussen die geroesemoes van kinders wat pap eet en melk mors, het ek drie sinne vir die Here gefluister. Terwyl ek die bone maal, die koffie maak en my koppie vul, kon ek my hart en gedagtes laat fokus op dié […]
’n Gelouterde dankbaarheid

As daar een ding is wat my gemoed onmiddellik ’n hupstoot gee, is dit gedagtes wat van dankbaarheid oorloop. Paulus het nie om dowe neute só aan die gelowiges in Tessalonika geskryf nie: “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag” (1 Tess 5:18). Bestel LiG Getuig […]
Mamma-memoires: Die een sonder die ander

Jy kan seker nie die een sonder die ander hê nie. Kinders én chaos. Ma-wees én onderbroke slaap. Liefieswoorde én skel-raas. Spontane saamdans-oomblikke én sit-nou-stil-óf-uitroepe. Lag én huil. Soos ‘n supermamma voel én platgevee-met-die-vloer wees. Ek sou seker nie daardie frustrasie ken om ‘n tweejarige se spartelende voete in ‘n tekkie te probeer kry, as […]
Mamma-memoires: Wat as daar niks oorbly nie?

Wat as ek alles vir my werk gee, en daar bly niks vir my kinders oor nie? My tyd en my brein en my gedagtes, my passie en my deursettingsvermoë. Wat as ek alles vir my kinders gee, en my werk ly daaronder? Of miskien gee ek dan maar alles vir hulle, maar wat bly […]
Mamma-memoires: En toe stap ek gou …

Toe stap ek gou kombuis toe om tandepasta op die lysie te gaan skryf. Die kinders kon vanoggend nie tande borsel nie … En op pad kombuis toe, sien ek die karretjie in die gang lê – die een waaroor Boeta gister so gehuil het. En op pad speelgoedkis toe, sien ek die blompot op […]
Mamma-memoires: ‘n Goeie nag se rus

“En gee ons ‘n goeie nag se rus,” het my pa klokslag die tafelgebed vir aandete afgesluit. Hoe vreemd dat my pa so iets vir die Here moes vra, het ek kleintyd gedink. Dis mos nou voor die hand liggend: as jy jou kop neersit, is jy vinnig-vinnig in droomland. Om vir ‘n goeie nag […]
Eksamengebed vir my kind | 4 gebede om te bid

Wanneer jou kinders eksamen skryf, is jy dalk die een wat die meeste stres. Ons kan ons kinders help leer en die regte omgewing skep om te leer. Maar ons grootste taak is om vir hulle te bid. Hier is 4 kort gebede wat jy as ‘n eksamengebed vir jou kind kan gebruik. Eksamengebed vir […]
Gebed vir my gesin: 8 kort seëngebede

Dit is ons voorreg én ons plig om vir ons familie te bid. Maar wonder jy: “Hoe kan ek intree in gebed vir my gesin?” Daar is talle Skrifgedeeltes wat jou hiermee kan help wanneer jy vashaak in gebed. Wanneer jy vir jou gesin bid, vorm jy ook ‘n verskansing van beskerming rondom hulle. Moet […]
‘n Kort gebed vir die dag: Ons bid vir ons leiers

Alhoewel ons nie altyd só daaroor dink nie, beïnvloed die politiek elke aspek van ons lewe – van die paaie waarop ons ry tot die water wat uit ons krane kom. Hier is 5 gebede wat jy kan bid as ‘n kort gebed vir die dag, elke dag. Ten bate van elke mens in ons […]