Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Gebed vir my gesin: 8 kort seëngebede

Dit is ons voorreg én ons plig om vir ons familie te bid. Maar wonder jy: “Hoe kan ek intree in gebed vir my gesin?” Daar is talle Skrifgedeeltes wat jou hiermee kan help wanneer jy vashaak in gebed.

Wanneer jy vir jou gesin bid, vorm jy ook ‘n verskansing van beskerming rondom hulle. Moet dus nie die krag van gebed vir jou mense onderskat nie.

Hier is 8 kort Bybelverse wat jy vir jou gesin kan bid:

1 ’n Bybelse seëngebed vir my gesin

“Die Here sal julle seën en julle beskerm;

die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees;

die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!”

Numeri 6:24-26

2 ’n Gebed vir my gesin om God se liefde te ken 

“Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 

“Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.” Efesiërs 3:16-19

3 ’n Gebed dat God ons sal verhoor

“Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood, mag die Naam van die God van Jakob u beskerm.

“Mag Hy u te hulp kom uit die heiligdom, u bystaan uit Sion.

“Mag Hy u gee wat u hart begeer en al u voornemens laat geluk.”

Psalm 20:2,3 en 5

4 ’n Gebed dat my gesin onderskeidingsvermoë sal hê

“Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.” Filippense 1:9-11

5 ’n Gebed dat hulle in liefde sal groei

En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. So sal Hy julle innerlik sterk maak dat julle onberispelik en heilig voor God ons Vader sal staan wanneer ons Here Jesus kom saam met al sy heilige engele. Amen. 1 Tessalonisense 3:12

6 ’n Gebed om in God se wil te leef

My gebed vir my gesin is in die woorde van Psalm 24:4:

“Maak my u wil bekend, Here, leer my u paaie. Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin, want U is God, my redder. In U stel ek elke dag my verwagting.”

7 ’n Gebed vir vrede

“Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!”

“Hierdie woorde uit 2 Tessalonisense 3:16 is my gebed vir my gesin, Here.”

Hier is eksamengebede vir jou dogter wat jy kan bid.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.