10 Bybelverse oor vrede

Dit voel soms of die lewe ons meer breek as wat dit ons opbou. Wanneer ons meer swaar dae as goeie dae beleef, en ons voel dat ons elke maand net-net deurdruk, soek ons ankers om aan vas te hou. Hierdie tien Bybelverse oor vrede is sulke ankers. Verliese, teleurstellings en verwagtinge wat onbeantwoord bly […]
Mamma-memoires: Wat niemand vir jou sê van jou sewejarige dogtertjie nie

Ek het nie geweet dat my hart op ten minste sewe maniere gaan huil én juig op dieselfde tyd nie. Pop het pas sewe geword. En saam met elke melktandjie wat sy verloor, verloor ek ’n stukkie van die babadogtertjie wat ek vasgehou het. Sy leer lees, droom haar eie drome en pak haar eie […]
Hoop uit die Woord: Die Here alleen weet verder

Ek het geantwoord: “Nee, dit weet net U, Here my God” (Esegiël 37:3). Af en toe gebeur dit dat ons in situasies beland waar alles totaal hopeloos lyk. Asof daar geen uitweg of uitkoms bestaan nie – geen kans op ‘n nuwe wending of ander moontlikhede nie. Skade en skande alleen skyn ons voorland te […]
Hoop uit die Woord: ʼn Vars bries van verandering

So sê die Here my God vir hierdie bene: Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe (Esegiël 37:5). Elke jaar tydens Pinkster word ons herinner aan ‘n verlange wat diep in ons almal roer. Dit is die verlange na betekenisvolle verandering en vernuwing – die verlange dat daar tog iets in […]
Mamma-memoires: Die avontuur duur voort

Dit voel soms asof my brein vasgehaak het in my pre-mom lewe – al is ek tans 24 uur per dag aan diens in my rol as ma. My brein kan bloot nie aanvaar dat ek of my kinders al in hierdie fase van ons lewe is nie. So gebeur dit toe een middag nadat […]
Mamma-memoires: Die heilige oomblik tussen fietse

Ek sukkel soms om in die oomblik te leef. My kop maal en draai teen 1000 km per uur en voor ek kan keer, voel ek skuldig omdat ek die klein dinge mis. Want ek glo, in teorie, dat om in die oomblik te leef, die sleutel tot ‘n gelukkige lewe is. Maar helaas! Dit […]
Mamma-memoires: 15 Minute en 50 Sekondes

My selfoon weet meer van my lewe as wat ek wil erken. Hy weet hoeveel keer ek my timer stel, en watter tyd ek die meeste gebruik: 15 minute en 50 sekondes. Dís die tyd waarin ek probeer konsentreer, probeer werk en probeer onthou. Ek hou van roetine en ‘n voorspelbare vloei. Maar deesdae is […]
Mamma-memoires: Hoekom dra ek skuldgevoel as ‘n ‘badge of honour’?

Ek was genooi om as gasspreker op te tree en die tema waaroor ek moes praat was ‘mom guilt’. Maklik!, het ek gedink, ek het tog immers my meestersgraad hierin. Maar toe ek stil word en by die Here hoor wat ek moes deel, was die antwoord glad nie wat ek wou hoor nie … […]
‘As my storie net vir een mens kan hoop gee’

Ek was nie uit die staanspoor deel van dié getuienisreis nie. Maar onlangs kon ek tog iets baie spesiaals vier: honderd stories. Honderd getuienisse. Honderd oomblikke op video vasgevang, waarin God se goedheid en guns heerlik deurgebreek het. Toe ek die eerste keer hierdie getuienisse saam met Conette begin verfilm het, het ek nie besef […]
Mamma-memoires: Oor die liefde van jou lewe – ‘n brief aan my dogtertjie

Haai Pop, Mamma hier. Ek wil vir jou iets vertel van jou groot liefde … Die man wat jou veilig, geliefd en goed genoeg laat voel. Ek is baie bly jy kon hom op so ‘n jong ouderdom vind! Maar weet jy, volgens Binnelandse Sake is hierdie droomman van jou eintlik mý man. En as […]