Mamma-memoires: 15 Minute en 50 Sekondes
My selfoon weet meer van my lewe as wat ek wil erken. Hy weet hoeveel keer ek my timer stel, en watter tyd ek die meeste gebruik: 15 minute en 50 sekondes. Dís die tyd waarin ek probeer konsentreer, probeer werk en probeer onthou. Ek hou van roetine en ‘n voorspelbare vloei. Maar deesdae is […]
Mamma-memoires: Hoekom dra ek skuldgevoel as ‘n ‘badge of honour’?
Ek was genooi om as gasspreker op te tree en die tema waaroor ek moes praat was ‘mom guilt’. Maklik!, het ek gedink, ek het tog immers my meestersgraad hierin. Maar toe ek stil word en by die Here hoor wat ek moes deel, was die antwoord glad nie wat ek wou hoor nie … […]
‘As my storie net vir een mens kan hoop gee’
Ek was nie uit die staanspoor deel van dié getuienisreis nie. Maar onlangs kon ek tog iets baie spesiaals vier: honderd stories. Honderd getuienisse. Honderd oomblikke op video vasgevang, waarin God se goedheid en guns heerlik deurgebreek het. Toe ek die eerste keer hierdie getuienisse saam met Conette begin verfilm het, het ek nie besef […]
Mamma-memoires: Oor die liefde van jou lewe – ‘n brief aan my dogtertjie
Haai Pop, Mamma hier. Ek wil vir jou iets vertel van jou groot liefde … Die man wat jou veilig, geliefd en goed genoeg laat voel. Ek is baie bly jy kon hom op so ‘n jong ouderdom vind! Maar weet jy, volgens Binnelandse Sake is hierdie droomman van jou eintlik mý man. En as […]
Mamma-memoires: Die Bosluis, Johnny en my skoonma
Ek onthou die dae toe hy soos ‘n bosluis aan my geklou het. Dis hoe almal hom geken het: die outjie wat in ons bed slaap. Op my skoot sit as ek badkamer toe gaan. Aan my enkels hang as ek (probeer) kosmaak. Die Bosluis. Ek onthou die nagte toe ek hom moes vashou en […]
Mamma-memoires: Kan jy my vir oulaas nodig hê?
Jy, my nat-agter-die-ore graad een-dogtertjie, het gewen by jou heel eerste grootskool-atletiekbyeenkoms. En Mamma het gehuil. Ek het gaan ugly cry in die badkamer vir 15 minute. Pappa weet. Want ek het vir hom ‘n stemboodskap (probeer) stuur. Mamma het nie gehuil oor die wen nie, al bars my hart van trots. Ek weet wen is […]
Mamma-memoires: Die Here hoor my …
Ek deel met jou iets wat ek drie jaar terug geskryf het. Vir myself meestal, want wie sou tog kon verstaan? Maar ek deel dit spesifiek vandag met jou, want dis drie jaar later. En hou vas jou sitplek! Daar is ‘n opvolg. So, kom ons spring weg: Dis drie jaar gelede, die jaar 2022. […]