Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Search

Mamma-memoires: Die heilige oomblik tussen fietse

Mamma-memoires

Ek sukkel soms om in die oomblik te leef. My kop maal en draai teen 1000 km per uur en voor ek kan keer, voel ek skuldig omdat ek die klein dinge mis. Want ek glo, in teorie, dat om in die oomblik te leef, die sleutel tot ‘n gelukkige lewe is. Maar helaas! Dit voel asof hierdie sleutel baie dae misplaas word. 

Maar vandag was anders. En ek kan net die Here daarvoor dank. Vandag, toe ek my man se motor hoor en die kinders buitentoe storm om vir pappa hallo te sê, het ek, met ‘n warm beker koffie (luuks nê?), op die blou stoel in ons ingangsportaal gaan sit. En gewag vir my man om by die voordeur in te stap. 

Vandaar, aan my regterkant, kon ek deur die ruit sien hoe my kinders hulle pappa byna om spring van opgewondenheid. Aan my linkerkant kon ek ons sitkamer sien wat vandag, heeltemal anders as gewone dae, nogal netjies was na ‘n dag se speel. Tot ek dit raaksien … Die verskriklike pienk fiets en die verskriklike geel kleiner fiets – in die middel van die sitkamer! Maar voor ek kon opstaan om dit te bêre, bars my man met die twee kinders elkeen soos ‘n bosluis aan sy been, by die voordeur in. En ek sien dit … 

Ek sien die kinders se lawwe streke en uitbundige vreugde; ek sien my man, met ‘n moeë trek om sy mond, wie se glimlag nog steeds sy oë bereik; ek voel sy arms om my lyf, die warm beker koffie in my hand en oor sy skouer sien ek ook: Die verskriklike pienk fiets en die verskriklike geel kleiner fiets wat ewe skielik verskriklik mooi is en hierdie heilige oomblik voltooi. En ek wéét: “Here, U is hier. Dankie!”

Geborg
Geborg
Geborg
No data was found

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF
Kyk nou ►