Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Search

Hoop uit die Woord: ʼn Vars bries van verandering

Hoop uit die Woord

So sê die Here my God vir hierdie bene: Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe (Esegiël 37:5).

Elke jaar tydens Pinkster word ons herinner aan ‘n verlange wat diep in ons almal roer. Dit is die verlange na betekenisvolle verandering en vernuwing – die verlange dat daar tog iets in ons eentonige en voorspelbare lewe sal gebeur wat dit met nuwe energie, nuwe vooruitsigte, nuwe vreugdes, ja, nuwe hoop sal vul.

Almal van ons verlang tog daarna dat daar elke nou en dan, by wyse van spreke, só ‘n vars bries in ons lewe sal begin waai. ‘n Bries wat nuwe lewe en opwinding in ons verhoudings sal blaas. Wat ons elke dag met nuwe entoesiasme en vreugde sal laat opstaan om te gaan werk. Ons ook genoeg krag en energie sal gee om die moeilike dinge van ons lewe met groter moed, vertroue en selfs berusting tegemoet te gaan.

Pinkster herinner ons nie net aan hierdie verlange na verandering nie. Pinkster bevat ook die belofte dat hierdie vernuwing en verandering moontlik is. Gaan lees maar weer Esegiël 37:1-14. Daar hoor ons hoe dooie bene weer lewe kry, hoe verpletterde mense weer opstaan uit hulle ellende en verdriet.

En dit omdat God die vars bries van sy Gees oor hulle – en ook oor jou vandag  – uitgestort het. Jy mag dit maar glo.

Here, dankie dat u gees in ons leef, selfs al sien of glo ons dit nie. Amen

Geskryf deur Carel Anthonissen vir Bybel-Media


Hoop uit die woord is geborgde inhoud deur Boodskap van Vandag. Om elke dag die Boodskap van Vandag te ontvang, kliek hier. Om hierdie inisiatief te ondersteun, kliek hier.

LEES OOK: Boodskap vir Vandag maak ’n impak!

Geborg
Geborg
Geborg

Getuig saam met LiG

Geloof, hoop, getuienis – Ondersteun LiG vandag en word deel van die getuienis…

Vertel my meer

Skep getuienisse saam

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF
Kyk nou ►