Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘As my storie net vir een mens kan hoop gee’

Ek was nie uit die staanspoor deel van dié getuienisreis nie. Maar onlangs kon ek tog iets baie spesiaals vier: honderd stories. Honderd getuienisse. Honderd oomblikke op video vasgevang, waarin God se goedheid en guns heerlik deurgebreek het.

Toe ek die eerste keer hierdie getuienisse saam met Conette begin verfilm het, het ek nie besef hoeveel dit my lewe sou verander nie. Elke storie, elke traan, en elke oomblik van hoop en heel word het my diep geraak.

Bestel LiG Getuig hier!

Wat bedoel was as boodskappe om hoop aan ander te bring, was soveel meer vir my. Dit het my geloof versterk en dit het my as mens, mamma en vrou verander op ’n manier waarvoor ek nooit woorde sal hê nie.

Nadat ons honderdste episode onlangs op video vasgelê is, vier ons nou dié wonderlike reis op ’n besonderse manier: ’n versameling getuienisse, aanmekaargesit op ’n manier wat God se genade vir ons opnuut openbaar, wat dit as ’t ware tasbaar maak.

Hierdie spesiale uitgawe is nie bloot ’n tydskrif nie; dit is ’n getuigskrif van God se krag in ’n krisis. En dis geskryf deur die dapperste mense wat ek ken: Almal wat hul hart en hul seer met LiG gedeel het.

Ek is vir altyd verander deur die moed en eerlikheid van elke mens wat ek in dié tyd ontmoet het. Baie van hierdie dapperes het vir ons gesê: “As my storie net vir een mens kan hoop gee, is ek tevrede.”

Ék is daardie “een mens”. En ek sal nooit genoeg woorde hê om daarvoor dankie te sê nie.

Conette en Francine, dankie vir julle vertroue in my, en vir die wonderlike voorreg om hierdie reis met julle te kan meemaak.

En, liewe leser, my gebed is dat jy tussen hierdie bladsye ’n Jesus-hoop sal vind wat alle verstand te bowe gaan. Mag dit jou gereeld daaraan herinner dat God steeds besig is om die mooiste stories te skryf – myne, en beslis ook joune.

Maryke Hansen is LiG se inhoudvervaardiger.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF