Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Mamma-memoires: Hoekom dra ek skuldgevoel as ‘n ‘badge of honour’? 

#mammamemoires: Hoekom dra ek skuldgevoel as ‘n 'badge of honour'?

Ek was genooi om as gasspreker op te tree en die tema waaroor ek moes praat was ‘mom guilt’. Maklik!, het ek gedink, ek het tog immers my meestersgraad hierin. Maar toe ek stil word en by die Here hoor wat ek moes deel, was die antwoord glad nie wat ek wou hoor nie …

“Sy antwoord was: ‘My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.’ Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.” – 2 Korintiërs 12:9

Wanneer het ek begin dink dat ek ma-wees kan aanpak sonder God? Wanneer het ek begin dink dat ek alleen goed genoeg moet wees? Wanneer het ek begin om by kinderpartytjies en langs sportvelde saam te kla oor hoe besig ons is, oor die baie ryery, oor huiswerk en kosmaak? En dan, amper verlig, byvoeg dat ons darem skuldig voel dat ons nie tyd het vir Bybelstudie of ons huwelik nie. Asof skuldig voel dit regvredig om nie iets te doen daaraan nie.

Dalk het ek vergeet dat dit ook die Heilige Gees se leiding kan wees wat my waarsku. Ek voel die waarskuwing, maar stoom voort: Ek weet ek moet minder aanpak, maar ek sê in elk geval ja en dink omdat ek ten minste skuldig voel, dit op een of ander manier die skade uitbalanseer. 

Dalk moet ons die Here vra om vir ons te wys waaroor ons onnodig skuldig voel en die res van die skuldgevoel gebruik as rigtingaanwysers om die nodige aanpassings te maak. Dalk moet ons onthou dat God se genade vir ons genoeg is en deur dit te glo, ook te glo dat God goed genoeg is vir ons kinders. Dalk kan ons in oomblikke van skuldgevoel, min slaap en moegwees, eerder ons krag by God kry. In plaas daarvan om onder die dekmantel van ‘mom guilt’ beter te voel oor die feit dat ons nie genoeg by die Here stilstaan nie.

‘Mom guilt’ is aaklig, ek ken dit ook heeltemal té goed. Maar mag ons mekaar eerder moed inpraat. Mag ons in moeilike oomblikke onthou dat ons nie hierdie pad alleen hoef te stap nie – die Here het hierdie kinders vir ons gegee en Hy sal, as ons Hom toelaat, vir ons die krag en wysheid gee om elke dag aan te pak.

Die Here het hierdie kinders vir ons gegee en Hy sal, as ons Hom toelaat, vir ons die krag en wysheid gee om elke dag aan te pak.

#mammamemoires

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF