Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘Ek is kankervry!’ sê Zhara van mees gekykte getuienisvideo op LiG-kanaal

“As ek bo (op die berg) kom, dan gaan ek vlieg soos ’n arend. Dan sal ek weer vry soos ’n voëltjie wees, en ek sal kan aangaan met my lewe.”

’n Jaar gelede het die 11-jarige Zhara du Toit uitgevind sy het ’n seldsame kanker in die membraan van haar longe. Daardie selfde aand het sy dié woorde in haar dagboek geskryf.

Zhara het haar aangrypende getuienis en boodskap aan kinderkankerlyers in een van ons video’s op ons YouTube-kanaal LiG: God se krag in my krisis gedeel. Haar video is die meeste gekyk van die tot dusver 32 getuienisvideo’s op dié kanaal.

Dié brawe leerder van die Laerskool Lochnerhof in die Strand het in die maande daarna bekend geword vir haar positiwiteit. LiG het in Maart verlede jaar berig oor haar brawe kankerstryd en hoe sy boonop ander kinderkankerlyers met ’n handgemaakte skapie en ’n inspirerende boodskap bemoedig.

Gister (23 Januarie 2023) kon Zhara gelukkig tydens ’n toespraak by Cancercare Rondebosch-onkologiesentrum die volgende aankondig: “Die dag het aangebreek en ek is so dankbaar ek kan die klok lui om te vier dat ek kankervry is!”

Zhara het ook weer na die woorde in haar dagboek verwys en dankbaar aangekondig dat sy nou uitsien om haar besige lewe van voorheen te hervat. Sy het ook gesê: “Dit was ’n moeilike jaar met báie uitdagings. Maar ek het heeltyd geweet die Here is my herder, en Hy stap die pad saam met my. Hy het my regtig gedra.”

Haar bedankingslysie was lank. Sy het haar onkoloog dr Helder de Quintal, die verpleegsusters, haar ouers (Johan en Zachary), sussies (Annelize en Beatrice), familie, vriende maar ook almal wat vir haar gebid het, bedank.

Volgens Zhara het haar skapieprojek baie vir haar oor die afgelope jaar beteken. “In die tye wat die moeilikste was, het die skapies soveel vreugde in ons huis gebring.

“My grootste wens is dat elke kind wat kanker het gou gesond sal word.”

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF