Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Search

Ek soek net my ma!

Ek het my eie kinders, ek maak my eie kos en skep my eie tuiste. Maar soms soek ek net my eie ma, en haar koestering en haar kos.

Ek bly al langer in my eie huis as wat ek in my ouerhuis gebly het, maar steeds soek ek soms net die geborgenheid van my ma se huis en haar hart. Haar liefde en begrip. Haar verstaan wanneer my woorde nie alles duidelik sê nie. Haar wéét, sonder dat ek hoef te verduidelik.

Ek bly meer as ‘n duisend kilometer van my liewe ma af, maar die afstand tussen ons sal altyd min wees. Al is ek volwasse, al krap ek my eie potjie – dis na haar wat ek soms roep as ek raad-op is. Dis haar manier en wysheid wat ek probeer oproep wanneer ek nie weet watter kant toe nie.

“Mamma, help!” sal maar altyd deel van my woordeskat wees. Al is ek nou die mamma wat my eie kinders moet help. 

Miskien is hierdie dan ‘n ma se vreugdevolle lot: Dat sy altyd daar moet wees vir haar kinders. Om te versorg, om te troos, om te luister en met ‘n liefdevolle hart te probeer begryp. Selfs vir haar kind wat self al hierdie dinge vir haar eie kinders moet wees.

Geborg
Geborg
Geborg

Getuig saam met LiG

Geloof, hoop, getuienis – Ondersteun LiG vandag en word deel van die getuienis…

Vertel my meer

Skep getuienisse saam

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF
Kyk nou ►