Hoekom ‘n slentersak koop as jy vir jouself een kan hekel in jou gunsteling kleur? Volg ons stap-vir-stap-patroon en spog met jou eie handewerk.
DEUR LIZA JOUBERT
BENODIGHEDE
- 200 g katoendraad DK (in kleure van jou keuse; ons gebruik Vinnis Nikkim Dunes)
- 4 mm hekelpen
- \’n groot naald
AFKORTINGS: RK Regte kant ▪ VK Verkeerde kant▪ st/e Steek▪lb langbeen ▪dlb dubbelslag langbeen ▪gs glipsteek ▪ks/e kettingsteek▪vlg volgende▪herh herhaal▪sp spasie▪rdte rondte
Laat ons begin!
Maak 48 ks.
Rondte 1: (RK), 3 lb in 2de ks vanaf naald, 1 lb in elk van vlg 45 ks/e, 6 lb in laaste lb. Werk nou terug aan die anderkant van ks/e, 1 lb in elkeen van die vlg 45 ks/e, 3 lb in dieselfde ks as die 3 lb aan die begin van die rondte, gs na die eerste lb, draai (102 st/e).
Rondte 2: 1 ks (tel nie as st), 1 lb tot aan die einde, gs na eerste lb, draai.
Rondte 3: 1 ks (tel nie as st), 2 lb in elk van die eerste 3 lb, 1 lb in elk van die vlg 45 lb, 2 lb in die vlg 6 lb, 1 lb in die vlg 45 lb, 2 lb in elk van die vlg 3 lb, gs na eerste lb, draai (114 st/e).
Rondte 4: Herh rdte 2.
Rondte 5: 1 ks (tel nie as st), (2 lb in die vlg lb, 1 lb in vlg lb) herh 3 keer, 1 lb in elk van die vlg
45 lb, (2lb in die vlg lb, 1lb in die vlg lb) herh 6 keer, 1 lb in elk van die vlg 45 lb, (2 lb in die vlg lb, 1 lb in die vlg lb) herhaal 3 keer, gs na eerste lb, draai (126 st/e).
Rondte 6: Herh rdte 2.
Rondte 7: 1 ks (tel nie as st), (1 lb in elk van die vlg 2 lb, 2 lb in die vlg lb) herhaal 3 keer, 1 lb in elk van die vlg 2 lb, 2lb in die vlg lb) herh 6 keer, 1 lb in die vlg 45 lb, (1 lb in elk van die vlg 2 lb, 2 lb in vlg lb) herh 3 keer, gs na eerste lb, draai ( 138 st/e).
Rondte 8: Herh rdte 2.
Rondte 9: 1 ks (tel nie as st), (2 lb in die vlg lb, 1 lb in elk van die vlg 3 lb) herh 3 keer, 1 lb in elk van die vlg 45 lb, (2 lb in die vlg lb, 1 lb in elk van die vlg 45 lb) (2lb in vlg lb,1lb in elk van vlg 3 lb) herh 6 keer, 1 lb in elk van die vlg 45 lb, (2 lb in die vlg lb, 1 lb in elk van die vlg 3 lb) herh 3 keer, gs na eerste lb, draai (150 st/e).
Rondte 10: Herh rdte 2
Hierdie 10 rondtes voltooi die bodem van die sak.
Rondte 11: (RK) 1 ks (tel nie as st), 1lb aan die agterkant van elke lb tot aan die einde, gs na eerste lb, draai.
Rondte 12: 1 ks (tel nie as st), 1 lb in elke lb tot aan die einde, gs na eerste lb, draai.
Hierdie 2 rdte/s vorm die patroon van die sak.
Herh rdte 11& 12 totdat die sak 23 cm hoog is vanaf rdte 11.
Rondte 13: 1 ks (tel nie as st), 1 lb in elk van die eerste 3 lb, *1 ks, mis 1 lb, 1 lb in elk van die vlg 7 lb, 1 ks mis 1 lb**, 1lb in elk van die volgende 6lb; herh van * tot **, 1 lb in elk van die laaste 3 lb, gs na eerste lb, draai.
Rondte 14: 1 ks (tel nie as st), 1 lb in elke lb en ks sp tot einde, gs na eerste lb, draai.
Rondte 15: Herh rdte 11& 12 totdat die sak 27 cm hoog is vanaf rdte 11.
Rondte 16: 1 ks (tel nie as st), 1 lb in die vlg 15 lb, * 2 ks, mis 2 lb, 1 lb in elk van die vlg 3 lb, 2 ks, mis 2 lb* , 1 lb in elk van die vlg 31 lb, herh van * tot * 1 keer meer, 1 lb in elk van die vlg 30 lb, herh van * tot *, 1 lb in elk van die vlg 31 lb, herh van * tot *, 1 lb in elk van die laaste 15 lb, gs na eerste lb, draai.
Rondte 17: 1 ks (tel nie as st), 1 lb in elk van die lb en ks tot aan einde, gs na die eerste lb, draai (150 st/e).
Herh rdte11 & 12 totdat die sak 30cm hoog is vanaf rdte 11, eindig met RK na buite vir die vlg rdte.
Rondte 18: Herh rdte 11 &12 vir die volgende 16 rdte/s.
Eindig af.
Handvatsels (maak 2)
Gebruik 4 mm hekelpen
5 ks heg met gs om ring te vorm
Rondte 1: 1 lb in elk van die ks tot aan die einde.
Rondte 2: 1 lb in elk van die lb tot aan die einde.
Herh rdte 2 totdat die handvatsel omtrent 110 cm lank is. (Dit moet silindervormig wees)
Eindig af.
Blommetjies (maak 2)
Gebruik 4mm hekelpen
Maak 3 ks en heg met gs om ‘n ring te vorm
Rondte 1: ( 3 ks, 2 dlb in die ring, 3 ks, 1 gs in die ring ) 4 keer
Eindig af.
Werk nou die handvatsels vas:
- Ryg deur die groot gate van binne na buite.
- Werk die punte aanmekaar vas.
- Verstel lengte van handvatsels soos verkies en werk vas om in plek te hou.
Toutjie
4mm hekelpen
Maak ks omtrent 100cm lank
Rondte 1: 1 lb in 2de ks vanaf hekelpen, 1 lb in elk van die ks tot aan die einde.
Heg af.
Ryg nou die toutjie deur die kleiner gaatjies rondom die bokant van die sak. Begin en eindig in die middel van dieselfde kant. Werk ‘n blommetjie aan elk van die punte van die toutjie vas.
Finale afwerking
Vou die laaste 16 rye van die sak na die binnekant toe en werk vas.
Werk alle los drade weg.