Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide

LiG-inspirasievrou van die week: Dr Anke Portwig 

Dokter

In die volgende paar weke gaan LiG eenmaal ’n week met vroue gesels wat in die voorste linie teen die koronavirus-pandemie stry. Hierdie week gesels ons met dr Anke Portwig, algemene praktisyn vir die Drakenstein-distrik se primêre gesondheidsfasiliteite.

DEUR JACOBIE M HELENA

Hoe beleef jy as mediese dokter die Covid-19-krisistyd? Is jou lewe en werk anders as voor die koronavirus Suid-Afrika getref het? 

Dokter
Dr Anke Portwig vertel: “Ek word ook daagliks deur pasiënte herinner dat God getrou is en sal voorsien en dit gee my moed.”

Ons voorsien by klinieke die kroniese stabiele pasiënte se medikasie, maar hul konsultasies is uitgestel. Ons sien nou slegs pasiënte met ongekontroleerde kondisies en noodgevalle.

Die voorsorgmaatreels wat getref word sluit onder andere die volgende in: ons pasiënte word gescreen vir simptome van Covid-19 voordat hulle die kliniek binnekom en die wat simptome het, word getoets, in isolasie geplaas tot hul resultaat beskikbaar is en hul kontakte word opgevolg. Ons was ons hande gereeld, soos voorheen, maar dra nou konstant maskers en moet ook oogbeskerming en weggooibare handskoene en ’n voorskoot/jas dra wanneer ons die toetse doen. Verder moet ek seker maak dat ek ingelig bly oor die jongste statistieke, inligting, protokol/maatreëls soos daar van ons vereis word. 

Vrou met COVID-beskermingsdrag
Dr Anke Portwig is in haar beskermingsdrag geklee wat sy tydens die koronavirus-pandemie moet dra.

 

Wat het jy nuut van God in dié mediese krisistyd geleer? 

God het my herinner dat ek werklike innerlike vrede kan vind by Hom ten midde van chaos om my en dat Hy enige situasie kan omdraai tot voordeel van sy koninkryk. Ek is ook gekonfronteer met my identiteit in Hom. Sou ek my werk, inkomste, gesondheid of naastes verloor, is my identiteit gewortel in die feit dat ek as verloste kan leef en deel is van sy koninkryk. Ek word ook daagliks deur pasiënte herinner dat God getrou is en sal voorsien en dit gee my moed. 

 Waarvoor bid jy as mediese dokter?

Wysheid. Geduld. Vrede. Gesondheid en beskerming vir my en my familie. Vir ons president, regering en vir die bestuur by ons fasiliteite vir wysheid en krag om die regte besluite te neem en dit te kan uitvoer. Vir uitkoms vir mense wat lei onder die ekonomiese druk wat hierdie krisis veroorsaak.


Lees ook: Koronavirus: ‘My lewe as ’n dokter se vrou’

 

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.