Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

LiG kuier in Washington DC

DEUR JANA DU PLESSIS MÜLLER

Annadore Malherbe van Wellington in die Boland het in 2015 haar pad na Washington DC in die VSA gevind. Daar het sy haar man Matt Bubnis ontmoet en haar tande as rekenmeester begin slyp. Na hulle troue in 2018 het die paartjie in Alaska gewoon, maar vroeër dié jaar weer teruggetrek na DC, waar hulle tans woon.

Vertel van jou reispad – hoe het jy in Washington beland?

Ek het in 2015 by ’n ouditfirma in Washington begin werk en het in dieselfde jaar my man, ’n Amerikaner, ontmoet. Ons is in 2018 getroud en het daarna vir twee jaar in Alaska gewoon. Ons het vroeër vanjaar teruggetrek Washington toe.

Wat doen julle daar?

Ek is ’n geoktrooieerde rekenmeester en werk by ’n bank en my man is ’n mediese dokter. Ons hou van buitelug-aktiwiteite soos om in die berge te stap met ons hond, te kamp en te ski. Ons hou ook daarvan om nuwe restaurante te besoek.

Hoe het Covid-19 julle beïnvloed?

Soos baie ander werk ek nou van die huis af. My man spesialiseer in sportbeserings en spandeer minder tyd langs die sportveld aangesien baie wedstryde afgelas is, maar sien nou meer pasiënte in die spreekkamer wat behandeling moes uitstel gedurende die ergste van die inperking.

Wat mis jy van Suid-Afrika?

Ek mis my familie en vriende, die natuurskoon van die Kaap en Boland, my ma se kos en Woolies.

Waarvan hou julle en geniet julle in Washington?

Voor die inperking het ons dit geniet om die museums en kunsgalerye in DC te besoek asook om “baseball”-wedstryde by te woon.

Nou ry ons sommige naweke ’n paar ure suid om by die berge uit te kom om met ons hond te gaan stap en soms te kamp.

Hoe vier julle Kersfees hierdie jaar en hoe lyk Kersfees daar by julle?

Hierdie jaar gaan ons ’n Kersmaal bestel by een van ons gunsteling-restaurante en Kersfees by die huis vier. Amerikaners is mal daaroor om baie liggies en Kersversierings binne en buite hulle huis op te sit – dit lyk veral mooi as dit sneeu, so ons hoop vir ’n wit Kersfees.

Hoe beleef julle die atmosfeer sedert Trump se onttroning?

Daar is minder betogings in die stad en naby die Withuis noudat die verkiesing verby is.

Watter rol speel God in julle lewe?

Ons sien alles net as genade en glo dat God die rigting van ons lewe bepaal en dat sy wil die beste vir ons is.

LEES OOK: LiG kuier in China

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF