Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

LiG se app ’n asemskep-plek vol hoop en inspirasie vir gelowiges

Al die hoop-, al die inspirasie-, al die opstaan-en-aanhou-glo-stories is nou alles op een plek: LiG se app. Gebruikers sal nou hulle daaglikse dosis inspirasie kan kry soos wat nuwe stories op die LiG-platform geplaas word. 

“Die nuwe LiG-app is ‘n  asemskep-plek vir gelowiges,” sê Conette le Roux, LiG se webredakteur. “Ons wil ons getuienisse en ander inspirasie-leesstof op een plek vir ons lesers gee – in die palm van hulle hand.”

Die afgelope paar jaar het LiG ’n platform geword waar mense se hartroerende getuienisse lesers inspireer om óók aan te hou glo in God se goedheid en sy nabyheid in tye van pyn en verlies.

LiG het natuurlik ook inhoud wat jou geloofslewe verryk, jou gesinslewe op koers hou en jou verhoudings versterk. Dié artikels en Bybelversprente is ook op die app beskikbaar.

Om die app af te laai, besoek Google Playstore of Apple App Store

Hoop, en nog meer op LiG se platforms

LiG is steeds ’n gedrukte tydskrif wat kwartaalliks verskyn, en ’n asemskep-plek is vir vroue. Dit is ‘n Christelike tydskrif met inhoud wat verryk en inspireer. (Jy kan hier inteken

Al die web-artikels is steeds gratis om te lees. Hierdie inhoud wissel van gewone mense se stories tot gesinswenke wat bemoedig, hoop bring en praktiese raad gee. 

LiG se nuwe YouTube-kanaal is ook onlangs geloods, en hier kan jy hartroerende getuienisse kyk. (Klik hier om te kyk.)

LiG – vir jou en jou mense.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF