Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘Ons land word vanmiddag vir 80 min verenig, maar dan …’

Hooffoto: Spiritual Sniper (Instagram)

Ons word verenig,

’n land,

’n nasie,

’n volk,

soos ’n groen wolk

vir 80 min

in ’n trui

en dan is dit verby.

Maandag tot Vrydag

haat jy weer jou naaste meer as jouself

maar Saterdag is game day

dan sing ons Shosholoza ou pel,

die enigste kleur wat jy sien

is groen en goud

en ek wonder, is dit dan moeilik

om dit só te hou?

Hoe kan ’n land in totale harmonie wees vir 80 min en ná die tyd wegstap en maak of dit nooit gebeur het nie … tot volgende week?

Ons soek die probleme in die verlede,

maar die probleem lê in die hede,

wedersydse trots het elkeen aan die keel

en ek haal eerder swaar asem, want netnou het jy te veel.

Besef die naweek

hoe ons land saam kan staan,

elke vrou en kind en elke man.

Die Here waarsku teen trots,

hê jou naaste lief soos jouself,

maar die probleem kom van binne,

daar waar ons sukkel om te delf,

ons gee ’n sport die eer,

maar dis eintlik iets wat binne ons gebeur,

dis tyd om hierdie nasie terug te draai

wat dink brandewyn is nagmaal en die kerk is ’n braai.

Die Here se vergifnis is groter as jou trots,

gaan op jou knieë, dis al wat dit kos,

ons vergeet Nkosi Sikelel’ iAfrika

is eintlik ’n gebed:

God

seën

Afrika.

  • Jannes Erasmus, akteur, regisseur van kreatiewe inhoud, het oorspronklik dié gedig op die Facebookblad Foto Verhaal Vrydag geplaas. Die plasing het meer as 300 000 mense bereik en is deur duisende mense gelees en gedeel.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF