Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Pediater met breingewas skryf kinderboek vir sy kleuter voor hy sterf

Eers was daar die hoofpyne, toe die diagnose: ’n kwaadaardige breingewas. Maar hoewel Aria Nikjooy se lewensverhaal ’n hartseer einde het, is daar ’n ongewoon roerende kinkel.

Hierdie 30-jarige pa, wat self voor sy dood as pediater gewerk het, het die moeilike onderwerp van ’n ouer met ’n terminale siekte aan sy seuntjie deur middel van ’n kinderboek verduidelik.

Dit was tydens chemoterapie wat dié jong pa van die 3-jarige Eliyas in 2019 Eddie and the magic healing stone geskryf het.

Aria Nikjooy en sy seuntjie Eliyas.

Die boek vertel die storie van Eddie die dinosourus en Larry die leeu terwyl die konsep van ’n baie siek ouer aangeraak word.

Aria, van Manchester in Engeland, se verhaal het talle publikasies wêreldwyd aangeraak, met stories daaroor in Huisgenoot en die Manchester Evening News.

Ten spyte daarvan dat Aria se breingewas verwyder is, het die kanker weer teruggekeer en het hy sy moedige stryd op 8 Februarie 2021 verloor.

Nog ’n kinderboek wat ’n ernstige onderwerp aan kinders verduidelik is Die klip in Lisa se borskas.

Skrywer Siegfried Louw, predikant en spelterapeut, nooi kinders (oud en jonk) om oor verlies te dink en daaroor te praat.

Klik op die voorblad hieronder om Die klip in Lisa se borskas te bestel.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF